SA’ners apaties oor staatsrede

Foto: @parliamentofRSA op Twitter

Foto: @parliamentofRSA op Twitter

Kapenaars het, weens ʼn gebrek aan vertroue in president Jacob Zuma, Donderdag nie enige belangstelling getoon om na sy staatsrede te luister nie.

“Ek dink nie daar is enigiets wat mens van so iemand kan verwag nie,” het een man aan Sapa gesê. “Ek het geen verwagtinge van hierdie nuttelose regering nie.”

“Wie gee om wat Zuma sê? Ek slaap onder ʼn brug. Hierdie mense maak net beloftes wanneer hulle wil hê ons moet stem, maar hulle doen niks vir ons nie,” het Masixole Ntshinga gesê. “Hy sit in daai stoel en hy het so baie werk belowe, maar hy doen nooit enigiets nie.”

ʼn Sekuriteitswag het aan Sapa gesê hy stel nie belang in politiek nie. “Ek raak nie betrokke nie, want ek vertrou nie politici nie.”

Portia Nomathemba het gesê haar wenslys is só lank, dit sal dae lank vat om oor te dra. “Ek wil ʼn huis hê, ek wil werk hê…” het Nomathemba gesê.

“Ek wil minder belasting betaal,” het Colin Dickinson gesê. Hy sê hy het nog nie die punt bereik waar hy die regering heeltemal sal afskryf nie. “Ek is seker daar sal veranderinge in ons land wees wat dinge sal verbeter. Ek hoop so.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Stem volkome saam, daar was geen rede om na zuma se gezum te luister, eintlik het ek 7de Laan meer gemis!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.