SAners het in 2011 meer as R250 miljard weggedobbel

Suid-Afrikaners het verlede jaar sowat R257.6 miljard aan dobbelary spandeer.

Die bedryf het in 2011 ʼn wins van sowat R18.4 miljard getoon, met R1.8 miljard wat vir belasting afgetrek is. PriceWaterhouseCoopers (PWC) het die land se eerste dobbelverslag Woensdag publiseer. Na verwagting sal dié bedryf in 2016 meer as R25 miljard wins toon. Die syfer verteenwoordig ʼn gemiddeld van ongeveer R8 000 per volwassene. Casino’s het die grootste gedeelte van die inkomste verhaal.

Alhoewel perdeweddenskappe steeds die grootste gedeelte van die inkomste uit sportdobbelary verteenwoordig, het getalle in sokker, krieket en rugby toegeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.