SA’ners kan dalk in buiteland stem

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is besig om die land se verkiesingswette aan te pas sodat Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon in volgende jaar se algemene verkiesing kan stem.

Volgens die SAUK is die konsep verkiesings-wysigingswetsontwerp reeds deur die kabinet goedgekeur. Die publiek het tot 22 Junie geleentheid om kommentaar op die voorgestelde veranderings te lewer. Mosotho Moepya, die hoof uitvoerende beampte van die OVK, het gesê Suid-Afrikaners wat hulself om welke rede in die buiteland bevind, sal in die toekoms in nasionale verkiesings kan stem. Hulle sal met ‘n geldige identiteitsdokument en paspoort vir ‘n spesiale stem kwalifiseer.

Bron: RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.