SA’ners trots op Tour de France-wenner

Chris Froome is Sondag as die wenner van die Tour de France aangewys.

Froom, wat in Kenia gebore is, het by Old St John’s College in Houghton, Johannesburg skoolgegaan. Hy is die eerste Afrika-gebore fietsryer nog ooit om die Tour de France te wen.

Hy is ‘n Britse burger wat tans in Monaco woon.

Froome het van die agtste fase af die wedren begin domineer nadat hy die geeltrui by Daryl Impey, die eerste Suid-Afrikaner nog ooit om die geeltrui te dra, oorgeneem.

Daryl Impey het uiteindelik 74ste geëindig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.