SA’ners voltooi 3 000km-uithouwedren

Mark Barron (links) en David Crombie (regs)

David Crombie en Mark Barron, twee Suid-Afrikaanse uithouatlete, het pas 3 000km binne drie maande, regoor drie lande gehardloop.

Crombie, ʼn kanker-oorlewende, en Barron, ʼn veeartsenykundige, het Woensdag die Mekongrivier-wedren in suidelike Sjina voltooi. “Ons reis was avontuurlik om die minste te sê, nadat ons teen grondverskuiwings, swaar reënval, uiterste temperature, slange, siekte en burgermagte te staan gekom het. En dít was op ʼn goeie dag!” het Crombie gesê.

ʼn Bestuurder en plaaslike gids in ʼn vierwielaangedrewe voertuig het hulle vergesel. Die twee het die afgelope drie maande ses dae per week elke dag ʼn marathon al langs die Mekongrivier in suidoostelike Asië gehardloop. Hulle het deur Laos, Kambodja en Suid-Viëtnam gereis in ʼn poging om fondse vir die liefdadigheidsorganisasie, Home from Home, in die Wes-Kaap in te samel.

Klik hier om meer oor hul avontuur te lees.

Tim Noakes, wêreldbekende sportwetenskaplike, het Crombie en Barron gelukgewens. “Wat ʼn ongelooflike prestasie! Dit is selfs nog beter danksy die wonderlike saak wat hulle hierdeur ondersteun,” het Noakes gesê. “Hulle moes geweldige logistieke en fisiese uitdagings oorkom en ek is dankbaar dat hul aanvanklike bekommernis oor hul veiligheid nie ʼn probleem was nie. Baie min mense sal dit só goed kon doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.