Sanger gaan vervolg word oor polisieuniform

Mkhonzeni “Professor” Langa. Foto: mio.co.za

Die kwaito-sanger wat in Februarie by die Metro Music-toekennings in Durban in ʼn metropolisieuniform opgedaag het, gaan strafregtelik vervolg word.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het Woensdag bekend gemaak dat Mkhonzenie “Professor” Langa aangekla moet word omdat hy homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen het, dat hy onwettig in besit was van ʼn polisieuniform en dat hy ʼn polisieuniform sonder toestemming gedra het.

Langa moet binnekort in die Durban-landdroshof verskyn. As hy skuldig bevind word kan hy beboet word of tot ses maande tronkstraf gevonnis word.

Langa het op 28 Februarie vir die eerste keer in die hof verskyn nadat hy homself na die voorval aan die polisie oorgegee het. Die saak is toe onbepaald uitgestel vir verdere ondersoek.

Lees ook:
Sanger in hof oor polisieuniform
Sanger in sop oor polisieuniform

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.