Sanger in sop oor polisieuniform

Mkhonzeni “Professor” Langa. Foto: mio.co.za

ʼn Kwaito-sanger is dalk in die moeilikheid omdat hy oor die naweek in Durban by die Metro Music-toekennings in ʼn polisieuniform opgedaag het.

Volgens die wet is dit ʼn misdryf vir enigiemand wat nie ʼn polisiebeampte is nie, om ʼn polisieuniform te dra. Spesiale toestemming is daarvoor nodig.

Senior superintendent Eugene Msomi, woordvoerder van die eThekweni-metroplisie, sê hy twyfel of die sanger, Mkhonzeni “Professor” Langa, die nodige toestemming gekry het. Langa het twee toekennings tydens die spoggeleentheid gekry.

Msomi sê die saak gaan beslis ondersoek word. As Langa skuldig bevind word kan hy ʼn swaar boete opgelê word of tot ses maande tronkstraf gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.