Die sanger Arno Carstens se dronkbestuursaak is Woensdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel sodat sy bloedtoetsuitslag betwis kan word.
The Daily Voice berig Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het tydens kruisondervraging die geldigheid van Carstens se bloedtoetse bevraagteken.
Pakama Pati, ʼn analis wat Carstens se bloed getoets het, het gesê die departement van gesondheid se alkohollaboratorium voldoen aan nasionale en internasionale standaarde.
Die saak is tot 25 April uitgestel sodat inligting in die bloedtoetse nagegaan kan word.
Carstens is op 19 Desember 2010 in Kaapstad se middestad vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem en het Dinsdag ook in die hof verskyn. Lees meer hier.