Sanger se hofsaak uitgestel

Die sanger Arno Carstens se dronkbestuursaak is Woensdag in die Kaapstadse landdroshof uitgestel sodat sy bloedtoetsuitslag betwis kan word.

The Daily Voice berig Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het tydens kruisondervraging die geldigheid van Carstens se bloedtoetse bevraagteken.

Pakama Pati, ʼn analis wat Carstens se bloed getoets het, het gesê die departement van gesondheid se alkohollaboratorium voldoen aan nasionale en internasionale standaarde.

Die saak is tot 25 April uitgestel sodat inligting in die bloedtoetse nagegaan kan word.

Carstens is op 19 Desember 2010 in Kaapstad se middestad vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem en het Dinsdag ook in die hof verskyn. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.