Sanger skiet drie, pleeg selfmoord

Zirk Bergh

Zirk Bergh

Die sanger Zirk Bergh het Saterdag twee mense in Potchefstroom doodgeskiet en sy eksvrou beseer voordat hy selfmoord gepleeg het.

“Die man het ‘n afspraak gehad om sy agtjarige dogtertjie by die maatskaplike werker se kantoor te ontmoet,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Toe die eksvrou, haar huidige man en die dogter omstreeks 08:00 opgedaag het, het die man ‘n vuurwapen te voorskyn gebring en sy dogter aangesê om by die kantoor in te hardloop. “’n Vriendin van die maatskaplike werker was tuis toe sy die geweerskote gehoor het.”

Die vriendin het uit die huis uit gehardloop en Bergh en die maatskaplike werker het langs die pad dood gelê. Die eksvrou en haar man het altwee kopbeserings opgedoen.

Makau sê die vrou was in ‘n kritieke toestand. Haar man het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) het gesê hy betreur die afsterwe van een van sy “gewaardeerde” maatskaplike werkers.

Die kinders is nie in die voorval beseer nie.

Steve Hofmeyr het op Twitter geskryf: “Baie jammer. Hy was n verstommende gas op Dis Hoe Dit Is.” Talle ander bekendes het ook op Twitter hul medelye uitgespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Adriana Stuijt ·

Knowing the SAPS’ fondness for declaring themselves Inquest Court Judgings by prejudging such incidents – declaring publicly to the news media that these were ‘family murders’ and ‘suicides’, I would prefer to wait for the inquest court findings before publishing this as a foregone conclusion. It’s not up to the SAPS to declare ‘suicides’ and ‘family murders’. It’s up to the Inquest court after a diligent investigation which also includes the usual crime-scene investigations. In the past three months alone, there were a whopping NINE incidents were the SAPS had blatantly told the news media that specific people ‘found dead’ had ‘committed suicide’ . When the actual investigation and Inquest court took place, these nine cases were ruled murders. Be very careful not to believe the SAPS when they decide they are going to play judge and jury. That’s not their job.http://www.censorbugbear.org/genocide/9-murders-of-whites-reported-as-natural-deaths-or-suicides-by-saps-since-sept-1-2013

Emilia ·

Adriana, gaan lees die rapport dan sê jy vir my of jou kommentaar enigsins sin maak. Die polisie het bloot aan die media (die sensasie soekers) vertel van die gebeure soos wat dit aan hul vertel is deur die ooggetuie. Daar was n ooggetuie wat alles gesien gebeur het. Nou vra ek jou hoe pas jou kommentaar oor polisie en jou onvanpaste link in by die hele storie? Die media is die mense wat die berig skryf met die opskrif ‘nog n familie moord’. Daardie link van jou hoort op n plek soos die boeremag in aksie se facebook blad. Seker hulle sal dit die nodige aandag gee wat dit moet kry. Kan nie glo daardie webblad bestaan nog nie!

Deborah Boyes ·

Ongelukkig is daar geen RIP vir die man nie. Wat hy gedoen het is om ander mense se lewens van hulle te steel, en dit was nie sy reg nie, hy het verwoesting gebring en mense se lewens vernietig.

maggie harmse ·

deborah,my nefie,deon kondos(maatskaplike werker)23jaar oud,moes boet vir die man se daad,in die fleur van sy jonge lewe,hy het n passie gehad vir sy werk,sy medemens,het soveel drome gehad.baie dankie vir jou insae,ons as familie is stukkend…

wilna ·

Enige inligting oor die mamma in die skiet drama en die arme dogtertjie ?

Francois Visagie ·

Ja dit is n tragedie wat gebeur het en net so voor Kersfees.Wat se swaar tyd lê voor vir die families wat deur die tragedi geraak is.Maar wat my nou opval is mense wat nou vir Zirk boodskappe stuur oor Facebook hoe hul hom gaan mis en dat hy in vrede moet rus.Hy het mense se lewens geneem wat onskuldig was.So in my oe is hy n Lafhard gewees om so iets te doen. Jy mag nie n ander mens se lewe neem nie,dit is wat die Here vir ons sê in die woord.En so ook nie jou eie nie.So vir die rus in vrede weet ek nie so lekker van nie.Nou het sy dogtertjie nie n pa nie en ons weet nie of die ma dit gaan maak nie.So wie het nou eintlik gewen?

coenie fourie ·

Francois , dit is hardseer en heel onnodig gewees maar jy oordeel n man sonder dat jy die feite en storie agter storie ken , dalk moet jy bietjie navorsing doen hoe veel gesins moorde plaas vind en hoeveel keer is daar n maatskaplike werker en n ouer betrokke, wat net nie weet wanner om op te hou of te druk nie, baiwe keer weet die persoon nie eens wat hy doen nie , ek kry die kind baie jammer en ja dit was onnodig maar hoesou ek en jy onder selde omstadighede op getree het, en j hy is dood hy kan hom, nie self verdedig nie,.
kry eers alle feite en oordeel dan asb .

maggie harmse ·

coenie,dit was my nefie wat in die slag moes bly!hy was 23,in die fleur van sy lewe!hy was ook die maatskaplike werker.my feite,ons feite is daar!dit is uiters selfsugtig wat die ou gedoen het!hoekom ander mense se lewe steel,hoekom nie net sy eie nie?!hou asb.op om die man op te hemel!ons as familie gaan deur hel,alles was sooo ongevraagd…

eGap ·

Coenie, moet asb nie maatskaplike werkers hier veroordeel nie. As jy nie saam met hulle leef nie en ook nie die stryd ken waarmee hulle daagliks mee te kampe het nie, asook geen samewerking van die prokureurs, die hof en selfs soms die SAPD nie, moenie uit jou beurt uit ‘n opinie vel nie. Ek het net agtergekom hoe dikwels die maatskaplike werkers dikwels die teiken is waar ander partye gewoonlik die skuldiges is. Ek het ook ‘n maatskaplike werker en haar man geken wat destyds geskiet was deur ‘n Pool en gou het mense ook sommer die maatskaplike werker laat sleg probeer lyk! Nee-a man! Niemand is ooit aan hulle kant nie en ook kry hul geen “dangerpay” nie en moet soms in plekke ingaan waar selfs die SAPD nie wil ingaan nie.

Francois ·

Coenie,dit maak nie saak of ek die feite het of nie. Da is mense dood onodig.As dit die maklike en regte manier is om probleme uit te sorteer hoekom doen ons almal nie dit nie.Glo my as ek nou n uitweg het om vinniger Hemel toe kan gaan het ek dit al lankal gedoen en in vrede gerus. Maar as jy die way gaan soos hy gegaan het is daar n groot suprize wat vir jou in die ander kant wag. Dit voel vir my of mense met soet sappige woordjies sy dade nou regverdig.Om te sê ons weet nie wat is die storie agter die storie nie en hy moet nou rus in vrede,O ja ons moenie oordeel nie.So as ons stil bly dan herken ons sy dade was reg.As jy sien jou kind gaan voor n kar in loop dan gaan jy hom aanspreek en nie net stil bly nie.en om jou vraag te beantwoord wat so ek gedoen het in so omstandighede,Ek gaan na die Here toe en gee my probleme vir hom.Gebed verander sake.

Liz Jones ·

Dit is werklik verstommend dat mense die man ‘Rus in Vrede’ kan toewens! Hoe op deeske aarde is dit moontlik as hy 3 lewens geneem het en 3 kindertjies, letterlik wees gelaat het? Om nie eens te praat van die trauma wat hulle beleef het deur toe te kyk hoe Zirk hul ouers af maai? Wat van Deon Kondos wie ‘n moeder en ander familielede agterlaat? Hy het oortyd gewerk om Zirk by te staan nadat hy gereel het dat hy(Zirk) sy dogterjie kon sien. Nee wat, dié man het alles fyn beplan, selfs ‘n selfmoordbriefie agtergelaat!

fred verwey ·

kan nie glo dat die staat jong mense welsynswerkers maak nie hul is duidelik nie opgewasse vir so iets nie ..hul kan nie n goeie oordeel he 0p n jong ouderdom nie.wat die man gedoen het bly moord niks kan dit reg praat nie hy lyk vir my maar n wille ou…ek hoop hy kry nie rus vir sy siel nie.hy het geen respek vir sy kinders nie.

Deon van Zyl ·

Really Adriana – even the basic info speak for itself – That the some COPS in SA is useless is un-disputable but in this case – Really – the question should rather be why he did it – was he pushed to his limits? was he just an arsehole who could not handle rejection ? At least the children were not harmed physically – The mud slinging will soon begin – hopefully at the end the truth will prevail ! (Pse do not ask Sgt Rapakgadi from Witbank to investigate – the case would be closed without investigation!)

marietjie ·

Dit vat guts om so iets te doen en iets moes hom gepla het want geen normale mens doen sommet so iets uit die bloute nie. R.I.P

Susan ·

Ek hoop hy kry geen rus nie. Dit van nie guts nie, dis net eenvoudig selfsugtig.

Melani ·

Marietjie duidelik het jy geen benul wat guts is nie. Iemand met guts, maak ‘n sukses van sy foute, hy vermoor nie ander mense om dinge vir homself makliker te maak nie. Dis ‘n slapgat wat onskuldige mense dood skiet. Mag hy nooit rus nie. Ek wonder of jy nog gaan dink dis guts as dit jou familie was wat geskiet is. Daar is nie ‘n verskil tussen iemand wat so iets doen, bomme plant of plaasmoordenaars nie.

sophie ·

So onnodig, met hoeveel vrae gaan die dogtertjie nou grootword. Sterkte aan die families wat geliefde kinders verloor het. Ek hoop die gewonde herstel volkome.

Hendrik ·

Ek stem 100% saam met Adriana, dit is belaglik hoe mense skuldig bevind word deur `n paar oningeligte “eerste op die toneel” getuies, die maatskaplike werker het `n goeie vriendin verloor, sy het nie gesien wat gebeur het nie. sy neem net aan, amper net so erg soos ons wat honderde km. weg van die insedent af was. asb. laat die die regte hof die oordeel vel.

Susan Becker ·

Ai man dis so vreeslik hartseer, niemand weet rerig hoekom en niemand moet ordeel nie. R.I.P en my medelye aan al die mense wat nou baie baie hartseer is oor die feestyd

Jan.J.Rheeder ·

Sal ons ooit weet wat het tot die tragedie gelei. Nooit. Ons innige meegevoel met hulle wat agter bly. Mag God hulle die krag gee om voort te gaan. Ons innige meegevoel met al die familie, vriende en Zirk se aanhangers, waarvan ek en my vrou deel is.Aan die wat agter bly, ons dink en bid vir julle, ons weet dat God sy hand or julle sal hou. Ons betreur die voorval. Ons was bevoorreg om hom te ontmoet en sal hom onthou soos ons hom gesien het en met die grappe en aangename geselskap wat ons met hom gehad het. Zirk rus in vrede,Mag jy rus en vrede vind daar waar jy nou is. Sal jou onthou soos ons jou geken het.Wees verseker dat ons jou nooit sal vergeet nie, dat ons jou sal onthou soos jy was. niemand sal jou plek kan oor neem nie. jy was n musikant in jou eie klas. Rus in vrede. Van Jan en Hester Rheeder, Stilfontein.

Trix ·

Hy het seker die skietding by hom gehad daarom word gese hy et dit gedoen! Jammer daar is baie keer probleme na egskeidings! Sterkte aan almal!

jacques ·

Dit is n jammer, maar ek se ook, wat laat n pa so ver gaan? Darem het hy vooraf besluit om sy kinders of kind weg te hou van dit af. Dit is n jammer. Sterkte die wat dit raak.

Anita Carstens ·

Het hy ooit gedink wat dit aan sy kind gaan doen. Jammer maar dis dem selfsugtig en gebeur deesdae net te veel dat mans hulle ekse skiet ….dis of mans nie kan aanvaar die vrouens het aanbeweeg nie

Xandri ·

Ongeag hoe als vandag verloop het is daar ook ‘n lewe geneem van ‘n kosbare mens en maatskaplike werker, Deon Kondos. Mag sy naam ook alom bekend staan as i persoon wat daagliks ‘n punt daarvan gemaak het om uit sy pad te gaan om ander by te staan en te help tot die beste van sy vermoë. Sy dood kom as ‘n skok vir almal wat hom geken het. Mag hy nie vergeet word en afgemaak word as net nog ‘n onbekende terwyl sy familie, vriende en kollegas sy dood treur nie. Ons sal jou nooit vergeet nie Deon. Dankie vir die verskil wat j so hard aan gewerk het en mee gebring het in ons wêreld.

Ansie Broekman ·

Zirk het geen reg gehad om ander mense se lewens te neem nie, Het hom nie geken nie en ek oordeel nie, maar dit is absoluut so onnodig en selfsugtig! Nou gaan daardie dogtertjie dalk wees grootword as haar Moeder nie oorleef nie, daaraan het hy in sy selfsug nie gedink nie. Hoeveel mense se lewens is nou nie in rou gedompel nie! Daar is hulp om teleurstelling, verwerping ens. te verwerk. Ek dra elkeen wat hierdeur geraak word op in my gebede vir vertroosting en vra vir volkome genesing vir die Moeder van daardie dogtertjie. Zirk, mag die Goeie Vader jou vergewe en jy in vrede rus.

Dave ·

Ek was by die Fam gewees toe nuus van Charl se dood oorgedra is. Baie hartseer en emosioneel. Zirk is n” lafhard om so iets te kon doen. 2 onskuldigge mense is dood en 1 veg vir haar lewe. Soos berig was daar n’ selfmoord brief. Net weer n’ bewys van n’ beplande moord! God hou asb U hand oor Nicolette en haar 3 dogters.

Yvonne van Zyl ·

Mag sy siel en die wat saam gesterf het se siele in vrede rus. Desperate people take desperate measures jammer om te se die saak het n ander kant, sjoe hy moes sy kind by polisiestasie sien , hy was n mens van die gemeenskap, nie n duiwel van gevaar nie. Wat het hom dit laat doen…..my man se n man het ook gevoellens en dis nie fair dat hulle behandel word soos wolwe nie. Ek dink die proses is swak hanteer. Daai maatskaplike werker kon dalk nou nog gelewe het as iemand net wou luister maar die probleem is almal wil wetboeke rondgooi en haantjie kraai shame die ou het probleme gehad maar niemand wou luister nie, desperate people take desperate measures as jy nie wil hoor nie sal jy voel…is dit reg nee. was sy suffering reg nee, hoekom kan mense nie net skei en die strydbyl neerle nie maar nee na die skiesaak word daar gefight tot die bloed loop tot die dood toe…so jammer wie wen nou? die arme kind verloor al haar comfort zones!

Ben Krause ·

Yvonne Yvonne Yvonne……….hoe meer kon jy die waarheid praat………ek ken die gevoel van desperaatheid

coenie fourie ·

YVONNE as jy nog nooit die waarheid kwyt geraak het nie het jy nou, ek wonder net hoelank gaan gevoellose prokureurs en een sydige maatskaplike werkers n rol speel.ek oordeel niemand maar ken die mense wat zirk so veroordeel en die hele storie .

eurika ·

Hartseer! Mag God die gesinne wat aangeraak word deur die tragedie toevou in Sy Liefde en vertroosting bring. Mag God die dogtertjie dra in haar pad vorentoe.

Reinett ·

R.I.P…wie is ons om te oordeel?

Het hom altyd geniet met sy optredes.

Vic ·

Regslui betrokke by die familie is verstom hieroor omdat Bergh sy dogter gereeld gesien het. “Nicolette het haar volle samewerking gegee,” sê Endriëtte Barnard, ’n prokureur wat deur die hof aangestel is om na Bergh en Du Rand se dogter se belange om te sien.

“Ek is tot in my siel seer vir Deon (die maatskaplike werker) se familie. Hy het verskeie sessies met Zirk gehad om sy vrae te beantwoord en die ekstra myl geloop. Ons het ook ’n gesinskonferensie gehad en dit het goed gegaan.”

celista gerber ·

Ek het nou lank gewonder of ek nou iets oor hierdie tragedie moet se en of ek net liewer my mond moet hou. Nadat ek egter die kritiek teen die maatskaplike werker gelees het, het ek besluit om as ‘n kollega (ook ‘n maatskaplike werker) kommentaar te lewer.
In ons werk met families, word ons dikwels instruksies deur die hof gegee soos om toesig te hou wanneer ouers hulle kinders besoek (soos die geval met Zirk). Dikwels het ons nie die volle geskiedenis van die gesin nie en offer jy jou naweektyd (soos hierdie maatskaplike werker in die tragedie) op om mense te help. Die opmerking dat die maatskaplike werker dalk nog sou gelewe het as sy geluister het na sy probleme, is totaal absurd.
Almal besing hierdie man se lof en hoe hulle sy optredes geniet het. Watter nalentenskap los hy vir sy dogter? Sy moes ten minste vier skote hoor klap, mense smeek vir hulle lewens en sy word dalk wees gelaat en moet deur ander mense (hopelik familie) groot gemaak word.
Rest in peace? Werklik? Bid eerder dat sy dogter ten volle sal herstel van hierdie trauma en dat sy eendag dit in haar hart sal vind om haar pa te vergewe.
En moenie so vinnig wees om maatskaplike werkers te oordeel nie. Julle het nie (en ek ook nie) al die inligting om klippe te gooi nie.

Salomi ·

Dis baie hartseer n onnodig. Ongelukkig is dt waar dat wanneer i verhouding op d rotse loop sommige vroue uit hul pad gaan om d lewe vir d man hel te maak. Daar wrd vinnig na d maatskaplike dienste gehardloop mt elke dingetjie n as dt hlle nie pad nie mag d man nie d kinders kry nie. Daar wrd reelings getref sonder d man se wete. Die nuwe man vat oor n alles moet deur hom gaan. Ek kan enige man in so i posisie se gevoel verstaan. Die maatskaplike dienste van Richardsbaai n d ene Ronel Ferreira sit sommer d foon in jou oor neer aangesien hulle huisvriende met d nuwe kerel se ouers is.

Jen ·

Sterkte aan al die families wat geliefdes hier verloor het. Julle is in ons gebede. Mag die Here julle troos.

andre van blommestein ·

Marietjie, dit vat guts om jou eksvrou te los en ‘n nuwe lewe te gun met die maat van haar keuse. Jou kind bly nie klein nie en dit vat nog meer guts om te wag dat sy groot genoeg is om self keuses te maak.
My hart gaan uit na die oorledenes se families en mag hulle berusting vind.

herman goosen ·

Menige maatskaplike werkers dryf mense van hul trollies af. Hulle kon geen ander werk kry nie, en die gemeenskap ly onder hulle swak oordeel en onbevoegde sielkundige advies. Hulle hoort nie soveel mag met so min kwalifikasies te he nie.

Nina ·

Herman,dit is vir my duidelik dat jy nie n benul het wat die opleiding van maatskaplike werkers behels nie. As jy dalk n slegte ondervinding gehad het vantevore is dit jammer, maar jy moet leer om nie almal onder dieselfde kam te skeer nie. Jy stel jouself aan as regter oor n mens wat jy waarskynlik van geen kant af ken nie. So tensy jy intieme kennis dra van die gebeure en die persone betrokke, hou jou kommentaar vir jouself.

Ronel, my innige medelye met die verlies van jou seun Deon. Hy was n pragtige mens met soveel potensiaal.

Michla van Zyl ·

Herman, jy het geen benul waarvan jy praat nie. Maatskaplike Werkers het ‘n vier jaar kwalifikasie wat dus ‘n Honeurs insulting. Dis die be rope waarvoor die pub like geen respect het nie. Judi’s modest Jules nie insig het oor die “code of ethics” en stress waar order owns daagliks Werkers nie. Dis korek ons is nie Sielkundiges nie, maar ons lower terapeutiese dienste. Ons werk order gelooflike baie druk en dan kom lig jy jou opinie! Kry jou feite reg oor ‘n maatskaplike Werker boor jy praat! Michla van Zyl – Maatskaplike Werker.

Liz Jones ·

Herman, jy praat loutere twak! Jy’s duidelik baie oningelig oor die kwalifikasies van maatskaplikewerkers! Moenie veralgemeen nie! Deon was baie toegewyd en het selfs op ‘n Saterdag daar gewees om Zirk by te staan om sy dogterjie te sien, hy’t verskeie sessies gehad om Zirk se vrae beantwoord! Hoe kan jy sy daad goedpraat en Deon blameer?

Jean-Mari ·

Op OFM nuus blad sè dit daar is ‘n ” suicide note” by man gevind wat sè sy ex vrou het hom gewyer om sy kind te sien. Ek neem aan dit is wat tot dit gely het. Die wet het verander en albei partye het nou equal rights. Kinders het albei hul ouers nodig,ek self is ‘n enkel ma en wil nie een dag aan my kind moet verduidelik hoekom ek haar van haar pa weer hou het nie. Ek is jammer maar party vrouens is daarop uit om pa’s sleg te maak voor kind(ers) maar hy is goed genoeg om onderhoud te betaal. Ek keer nie dit nie goed wat gebeur het nie, ek se net daar is meer tot die saak.

Pieter ·

Ek is ook n man wat sy kinders verloor het hulle is vandag in hulle 20’s weet niks van my.Ek betaal nog onderhoud nou al 18 jaar nooit die eer gehad om my kinders te sien, was altyd n baklei en n modder gooi wel my ex het dit reg gekry Ek het nie kinders. Ek verstaan wat Zirk moes deur gaan Ek loop die pad elke dag. Dis n alleen loop.Maar dis hartseer dat mense hulle lewens moes verloor,draai om en loop weg huil alleen in jou hart

Alan ·

Jean-mari, dit is moonlike dat daar n selfmoordbrief gevind is. Dis ook moontlik dat die man se gewese vrou geweier het dat hy sy kind sien. Dis ook waar dat in meeste gevalle albei partye gelyke regte het. Maar nie een van ons weet wat daar gebeur het nie. Wat ons wel weet, is dat sommige Suid Afrikaanse mans dink as hulle met iemand n verhouding gehad het, daardie persoon aan hulle behoort, dat hulle reg het om daardie person se lewe te neem (moord), en sodoende hulle kinders liefde en ouerlike beskerming ontneem. As dit waar is dat n selfmoordbrief gevind is, is dit moord met voorbedagte rade. Wat ons weet is dat iemand wat so n daad pleeg, baie min selfbeheer het, uitsonderlik onvolwasse en narsissisties is, en heel moonlike nie iemand is wat toesig oor kinders moët he nie.So n persoon stel sy eie wraakgedagtes en behoeftes boor die van sy kind, of die kinders van sy gewese vrou en haar nuwe man. Dit is voorwaar moeilik om enigiets in die tragedie te vind wat goedkeuringswaardig is.
God sal bepaal of hy in verde sal rus of nie. Sy kind sal voorwaar min vrede ervaar hierdie Kersfees.

Margie ·

Ek sê ook 10 uit 10 aan Alan! Lyk my jy het ‘n kop op jou skouers……wat baie min mense wat hier kommentaar gelewer het, NIE het nie.

Annette van Schalkwyk ·

Ek kry sy dogtertjie vreeslik jammer. Hierdie is ‘n groot traumatiese wending wat haar lewe oorgekom het. Dankie HERE haar ma het die voorval oorleef en sy het nie altwee haar ouers verloor nie.

As Zirk Bergh sy eie lewe wou neem, dan was dit sy keuse, maar om só selfsugtig te wees om ander mense ook dood te skiet is totaal en al afskuwelik en sotlik.

Zirk, waar jy jou ook mag vind, ek hoop jy kan sien wat se erge impak hierdie gebeurtenis het op jou familie en vriende. Soos die res van ons almal, sal jy aan God moet verduidelik oor wat jy gedoen het. Ek voel bitter jammer vir jou kind. Mag die Here genesing bring vir almal wat betrokke is.

Bella ·

Mag hy nie in vrede rus nie!!! Daardie maatskapplike werker was een van ons vriende. Hy het nie nodig gehad om Zirk te akkomodeer nie! Genade hoekom het hy nie liewer net homself geskiet nie?? Deon ons gaan jou mis. Potch treur oor jou! RIP maat.

Corle ·

Hi Bella
Ek stem saam met jou, dalk moet die mense net aan die volgende dink : Jy daag by die welsyn op vir n besoek met jou kind so vanwaar die stelling dat hy nie sy kind mag gesien het nie. Deon ons gaan jou mis
Sterkte en vrede vir Deon se familie

Johannes Geel ·

Dis so tragies om hierdie nuus te hoor. Ons bid dat die Here die families wie almal geliefdes hierdeur verloor het, sal vertroos en sal deurdra. Ook die dogtertjie, dat Jesus haar Berader sal wees en sal vertroos.

Corle ·

As hy geweet het wie al die blomme geplant het in Namakwaland sou hy seker geweet het dat daardie selfde persoon ook mense geskape het.

Cobus Fourie ·

Corle: Ons ken mekaar nie, ek dink nie jy verstaan nie. Wie het dan nou vir Zirk geskape. Wat het daarna toe aanleiding gegee vir hierdie tragedie. Ek Voel regtig jammer vir die ander slagoffens. Nie een van ons was in sy omstandighede nie en ons is ook nie. Die Prokureers, wet(hof) en maatskaplik is net so medepligtig. Wat is so erg as werbale moord pleeg. Sterkte aan DEON se ma. Deon het net sy werk gedoen. Dis net jammer dat sake word as dit teveel raak dan word dit op ander afgeskyf. Wat die wet (hof) se moet hulle mos doen, As ONS SKEPPER ons uniek gemaak, dan moet elke geval mos ook so hanteer word. Laat dit vir ons ‘n wakkermaak kreut wees.

voorspoed en sterkte. HERE EK VRA U VERTROOS ASSEBLIEF DIE FAMILIES.HERE GEE ONS GENADE DAT ONS KAN VERGEWE..

ek skluit af geseende feestyd en voorspoedige 2014

Elsabe ·

Die heel eerste gebod in die Bybel – nog voor die 10 gebooie – se jy mag nie eet van die boom van kennis van goed en kwaad nie. Dit beteken vir my nie een van ons het die reg om enigiemand te oordeel nie, maak nie saak wat die omstandighede is nie.

Wys ‘n vinger na ‘n ander en kyk hoeveel vingers aan dieselfde hand wys terug na jou toe. Wanneer so iets gebeur, maak dit nie saak wie is skuldig aan wat nie. Wat saak maak is of ek in die spieel kan kyk en kan lief wees vir die persoon wat ek daar sien. As die antwoord nee is, is daar werk om te doen – en die werk is binne my eerder as teenoor ander mense

God oordeel ons nie – God is ‘n God van liefde. Ons doen die oordeel wanneer ons moet fokus op Liefde.

Vind Liefde in jouself en stuur dan daardie Liefde vir almal wat betrokke is sonder oordeel. Dit is wat dit beteken on in die beeld van God gemaak te wees.

Alan ·

If the mother alienated the child from the father (and I don’t know if she did), there appears to be reasons for it, as clearly evident in the fact that he shot and killed 2, possibly 3 people. Not the actions of someone who is mature, responsible or puts his child’s needs above his own. The fact that you can describe the 2 actions as similar is astonishing, and says a lot about how men in South Africa see themselves as “owners” of the women and children in their lives. You can not complain about other crimes if you are willing to condone this type of crime.

Bella ·

So dit regverdig dat hy die volwassenes voor die kinders skiet? En hy was daar om sy dogter te kry? So waar kom die vervreemding in Nico? Hy het glad nie aan sy dogter gedink nie want as haar mamma dit nie maak nie wie gaan na haar omsien. Hys ‘n selfsugtige man gewees. En Deon het waarskynlik probeer help en nou sit sy ma sonder haar seun? Moenie kom bol praat nie asb. Niks regverdig die feit dat hy ‘n mense vermoor het nie.

maggie harmse ·

aan almal wat kommentaar gelewe het,positief en nie positief,asseblief,my nefie deon kondos,23 jaar oud(maatskaplike werker)moes boet vir zirk se wandaad,hy het n passie gehad vir sy werk en sy medemens,was in die fleur van sy jonge lewe,baie drome gehad,skakel asseblief alle negatiewe kommentaar uit,en respekteer ons as familie asseblief.wat zirk gedoen was selfsugtig,ander onskuldige mense se lewe kon gespaar gebly het,hoekom dan nie net sy eie lewe neem nie?hou asseblief op om die man op te hemel,ons as familie is stukkend,seer,en wil god vra om vergifnis vir ons bitterheid…

George Naude ·

Aan almal wat hier bo so gemaklik kommentaar lewer oor Zirk Berg. Zirk is my neef en ek het voor hom groot geword. Hy was n mens wat liefde gesoek het en elke mens gelukkig wou sien. Zirk was nie n aggresiewe mens nie en het altyd van pyn en hartseer weg geskerm.
SY LAASTE LEWENDE INSPIRASIE WAS NET OM SY DOGTERJIE GEREELD TE KON SIEN.
Maar ongelukkig was dit weerhou van hom deur welke redes.
Sy beroep as sanger moes hy prysgee om sy dogter te sien WAT DIE HOOF rede was wat tot die uitbarsting gelei het wat gister gebeur het. Hier is n ander kant tot die saak.

My innige meegevoel aan al twee oorledenes en hul families.

David ·

He is a coward,because that’s what a man is that harms a women! He was to weak to face life,so he took the easy way out by murdering innocent people. I hope he is burning in hell where he belongs,damn rubbish

Gertruida ·

Wat ‘n tragedie! Hoewel dit vir die betrokkenes te laat is, is my wens dat dit vir ander ‘n geleentheid sal word om gevoelens, probleme en onsekerhede na vore te bring. Sodoende kan verdere tragedies voorkom word.
Vir my gaan dit nie om skuldig of onskuldig nie, maar dat dit gebeur het en dalk voorkom kon word.
Dis nie net die betrokkenes nie, maar ook hulle familie en vriende wat hierdie hartseer moet verwerk en vir wie daar op sommige vrae dalk nooit antwoorde sal wees nie. Ek hoop elkeen gaan vir terapie wat dit nodig het.
Sterkte aan almal.

Monica Muller ·

Die insident is so ongelooflik tragies en hartseer MAAR prys die Here dit het op ‘n Saterdag plaasgevind toe die SAVF kantoor “toe” was Want ek wil nie eers daaraan dink wat kon gebeur het as dit ‘n weeksdag was en die kantoor ten volle beman was nie. Is dit nie maar weer ‘n geval dat iemand (Deon) sy lewe gegee het terwille van sy vriende nie? Monica

Amanda Heystek ·

ek se al vanaf 1998 is daar iets groot fout met ons regstelsel,kinderhof, 99.9 persent van egskeidings word toesig aan die ma gegee,hierdie tragedie le ek voor die deur van howe juis omdat n stelsel besluit op grond van verbitterde partye wat die ander party wil leeg melk en hom geen son oor sy kop sien skyn nie. hoeveel prokureurs beloof hul klient die volgende as hul met die man klaar is n dak oor jou kop,ten minste 7500 per maand onderhoud per kind as jy vir jouself werk,medies,penioen,al sy polisse wat aan vrou gesideer moet word,skoolgelde,klere en dan vergiftig hul hul kinders teen die pa sodat die kind sommer self besluit om nie te gaan kuier nie. dit is n wortel wat deur ons regsmense voor n voornemende vrou geswaai word en ja dan volg die vieslikste hofsake en die baklei begin. hoe baklei n pa teen so voorafopgestelde stelsel waar hy as n barbaar,alkolis,slegte ouer,slegte voorsiener bekend gestel en bekend gemaak word. hul tap jou leeg en neem elke bietjie trots en selfrespek van jou net om te kan se hul het toesig en die hofsaak gewen en dan ontaard dit in wat waarskynlik hier gebeur het. hy knak en hierdie tragedie volg. ek praat uit ondervinding en ek se ons howe en regstelsel faal die mans wat in egskdkdings moet baklei vir dit wat God hul ook gegee het – die voorreg om n pa te kan wees. Nou is hy n moordenaar in die publiek se oe,sy kind byna wees en dit kon voorkom gewees het AS PAPPAS TOEGELAAT KON WORD OM HUL STEM TE KON LAAT HOOR.

AmY ·

Die mamma is toe oorlede. Nou gaan my hart uit na die klein dogtertjie wat agterbly.

mariaan ·

Die vraag is hoekom was die besoekregte so streng? Hier spreek die feite baie hard. Hierdie man skiet onskuldige mense sommerso dood en gee nie om oor die hartseer en nagevolge nie. Sy wraaksug het swaarder geweeg as sy bekommernis oor sy dogter wat wees agtergelaat gaan word en die res van haar lewe hierdie gruweldaad gaan onthou. Dit behoort ook te verduidelik waarom sy vrou van hom geskei het.

Zirk Lamprecht ·

Al weer n goeie sanger wat dood is. Afrikaans se goeie sangers gaan verlore. Dit is al weer n vrou of n ex vrou wat mans dinge laat doen wat hulle nie moet doen nie. Ek dink die deurmekaar Goverment moet eerdir die mans beskerm as die vrouens. Ja een van die dae gaan ek seker die laaste Zirk wees in die bad land. 0797537406

meigui ·

Charl was my kollega en ‘n wonderlike saggeaarde man. Het nie sy vrou goed geken nie, maar hy het met oorgawe gelewe en sy 3 dogtertjies (2 was sy eie) was sy lewe! nou is daar 3 weeskinders. Tragies en hartverskeurend.

Mariaan ·

Ag dis belaglik om verskoning vir hom te soek. Watse “feite agter die saak” regverdig sy optrede? Geen feite gee hom die reg om mense dood te maak, kinders wees agter te laat en mense in rou te dompel nie. RIP? Na so verfoeilike daad?

charl ·

DIE SKULD MOET TOEGESKRYF WORD AAN DIE REGERING.
Waarom word daar nie daadwerklik opgetree deur die Regering indien ‘n PA sy KIND ook met GEREELDE kontak tydperke alleen by hom wil neem nie.
In hierdie geval is die KIND soos verstaan, slegs in teenwoordigheid van die maatskaplike werker gesien.. Meeste van die maatskaplike werkers maak soos dit hul pas, en neem nie ander in konsiderasie nie, Hoe moet ‘n PA optree teenoor sy eie bloedkind, wanneer daar heeltyd na hom gestaar word, asof hy ‘n krimineel is, terwyl hy sy kind net so lief het soos die MA
Die PA is goed genoeg om onderhoud te betaal, en dis al. Die MA weier gewoonlik dat die PA die KIND kan sien, terwyl dit ook bloed van sy bloed is. Soos in hierdie geval en menige vorige gevalle, is dit die uiteinde. As gevolg van wette wat toegepas word, gebeur sulke tragedies, waarom ???
Wil die Regering nie wakker skrik, en wette daar stel dat ‘n PA net soveel reg het om sy kind te sien, as wat die MA het nie. Dan sal daar nie sulke gevalle plaasvind nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.