Sanger skuldig aan moord

Jub Jub. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die hip-hop sanger Molemo Maarohanye, oftewel Jub Jub, en sy mede-beskuldigde, Themba Tshabalala, is Dinsdag in die Protea-landdroshof skuldig bevind aan vier aanklagte van moord en twee van poging tot moord.  Die twee het in Maart 2010 aan ʼn straatwedren in Soweto deelgeneem, terwyl hulle onder die invloed van dwelms was. Jub Jub en Tshabalala was in ʼn botsing betrokke en hul voertuie het in ʼn groep skoolkinders in geploeg.

Prince Mohube, Mlungisi Cwayi, Andile Mthombeni en Phomello Masemola is in die voorval dood. Frank Mlambo en Fumani Mushwana is ernstig beseer.

Jub Jub en Tshabalala sal in ʼn latere stadium gevonnis word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.