Sanger sterk aan ná beweerde selfmoordpoging

Rudi Claase. Foto: Facebook

Rudi Claase van die voormalige Die Lieflinge-faam, sterk by sy huis in Pretoria aan nadat hy glo oor die naweek probeer het om selfmoord te pleeg.

Claase se kantoor het Woensdagaand op sy Facebook-blad geskryf: “Baie dankie vir almal se liefde en ondersteuning, Rudi is baie beter en sterk tuis aan.”

Een van Claase se kollegas in die musiekbedryf het aan Maroela Media gesê hy het Sondag glo ʼn spul pille gedrink en een van sy polse gesny. Hy is daarna na ʼn hospitaal gehaas waar sy lewe gered is.

“Rudi is bi-polêr, en dit was die tweede keer wat hy probeer het om sy lewe te neem,” het die kollega, wat anoniem wou bly, gesê. “Hy is nou in ʼn baie moeilike plek aangesien baie media-aandag op hom is sedert dit aan die lig gekom het dat hy en sy man, Stephen Stewart, besig om te skei, en die feit dat dwelms glo die oorsaak van hul huwelik se ondergang was. Ek is net bly hy is ‘oukei’,” het die bron gesê.

Intussen stroom boodskappe van bemoediging in op Claase se Facebook-blad van talle ondersteuners wat hom aanspoor om vas te byt, gesond te word, en nog meer treffers te skryf. Claase het al talle treffers vir verskeie bekende Afrikaanse sangers geskryf, en het self bekendheid verwerf toe hy saam met Corlea Botha as die duo, Die Lieflinge, opgetree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leana ·

Word gou gesond Rudi!

The easy way out is nie altyd die best way out nie. Oorkom jou siekte en moenie opgee nie!

Pieter Potgieter ·

Laat Rudi my kontak sodat ek hom kan help. Hy kan gehelp word net as hy wil. Sy lewe is kosbaar voor die Here.

Trippie ·

Baie mooi gestel Pieter. Die man het ‘n pragtige stem en ek wens hom ook ‘n “gou gesond word” boodskappie toe. Selfmoord is nie die antwoord nie – STERKTE !

karin Strumpher ·

Rudi sterk wees mater. Jou talent gaan jou nog ver bring. Ons het jou nodig. Wil self nog n geskryfde liedjie uit jou hand he. Almal maak en het foute maar ek bid vir jou en ek glo onse Here sal jou hand vat en styf houvas en saam jou die pad stap. Hoop ek hoor ietsie terug. Ons het jou nodig.

Bets ·

Hi Rudy

Ek hoop van harte jy oorkom die verskriklikke ding, dit is baie moeilik ek weet. Die wat nog nie self deur so iets was nie, sal nooit verstaan nie. Ek is ook ‘n Depressie ( bipoler) lyer. Ek het kanker, en van 2007 af het daar te veel dinge in my lewe gebeur, het ook my man Jan 2013 aan kanker afgestaan.
Dus weet ek presies wat jy deurmaak. En hoe moeilik dit is om elke dag te moet opstaan en aan te moet gaan.
Moet nie moed verloor nie, baklei elke dag om te lewe, want ons elkeen is kosbare kinders van ons G-D.
Ek hou jou in my gebede…
( 1 Kron 4 : 9 – 10 )

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.