Sanger ‘terug uit die dood’, deur polisie ondervra

ʼn Man wat beweer hy is ʼn bekende sanger wat uit die dood opgestaan het is deur die KwaZulu-Natalse polisie vir ondervraging ingeneem.

Die man voer aan dat hy die maskandi-kunstenaar, Kwakhe “Mgqumeni” Mseleku Khumalo, is. ʼn Polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê die polisie sal DNS-toetse doen en vingerafdrukke neem om te bevestig of hy wel die sanger is. Khumalo is glo in Desember 2009 oorlede nadat hy ʼn brousel gedrink het wat hy by ʼn tradisionele geneesheer gekry het. Hy is vroeg in 2010 deur sy familie in die KwaGxobanyawo begraafplaas begrawe. Naicker sê ʼn ondersoek sal bepaal of die polisie ʼn aansoek voor die hooggeregshof sal bring om “Khumalo” se liggaam op te grawe. Die polisie sê die man is in ‘n nabygeleë grot aangetref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.