Sanger vas vir spoed

Donald Moatshe

Donald Moatshe

Die bekroonde sanger Donald Moatshe is vir ʼn spoedoortreding in hegtenis geneem op die N2 in Ballito, KwaZulu-Natal.

“Hy het meer as 182 km/h in ʼn 120km/h-sone gery met ʼn silwer Audi Q3,” het Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die verkeerspolisie, Sondag gesê. Moatshe was saam met vriende van Swaziland.

Die musikant is op borgtog van R2 500 vrygelaat. Hy sal na verwagting Maandag in die Umhlali-landdroshof verskyn.

Intussen sal die sanger Steve Hofmeyr ook Maandag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn nadat hy op 19 Desember aangekeer is toe hy teen 169 km/h gery het. Hy is op borgtog van R500 vrygelaat. Hofmeyr het die volgende dag in ʼn verklaring op sy Facebook gesê dit was onverantwoordelik om so vinnig te ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.