Sipho Charles Ndlovu, die kwaito-musikant wat beter bekend staan as Brickz, sal Donderdag na verwagting weer in die Roodepoort-landdroshof verskyn.
Brickz is in November in hegtenis geneem in verband met die beweerde verkragting van ʼn 17-jarige meisie in Maart 2013.
Brickz se regspan het die hooggeregshof in Desember genader nadat sy aansoek om borgtog in November 2013 afgekeur is. Hy is in Desember op borgtog van R50 000 vrygelaat.
Brickz het in ʼn verklaring ontken dat hy die meisie verkrag het en het aangedui dat hy onskuldig gaan pleit.