Die sanger Arno Carstens se dronkbestuursaak word Donderdag weer in die Kaapstadse landdroshof hervat.
Hy het in Januarie in die hof verskyn op aanklagte van dronkbestuur, maar die saak is toe uitgestel omdat sy bloedtoetsuitslag betwis is.
The Daily Voice het destyds berig Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het tydens kruisondervraging die geldigheid van Carstens se bloedtoetse bevraagteken. Pakama Pati, ʼn analis wat Carstens se bloed getoets het, het gesê die departement van gesondheid se alkohollaboratorium voldoen aan nasionale en internasionale standaarde.
Die saak is tot vandag uitgestel sodat Carstens se regspan die bloedtoetse kon nagegaan.
Carstens is op 19 Desember 2010 in Kaapstad se middestad vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.
Lees ook:
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”