Sanger weer in hof vir dronkbestuur

Die sanger Arno Carstens se dronkbestuursaak word Donderdag weer in die Kaapstadse landdroshof hervat.

Hy het in Januarie in die hof verskyn op aanklagte van dronkbestuur, maar die saak is toe uitgestel omdat sy bloedtoetsuitslag betwis is.

The Daily Voice het destyds berig Carstens se prokureur, Milton de la Harpe, het tydens kruisondervraging die geldigheid van Carstens se bloedtoetse bevraagteken. Pakama Pati, ʼn analis wat Carstens se bloed getoets het, het gesê die departement van gesondheid se alkohollaboratorium voldoen aan nasionale en internasionale standaarde.

Die saak is tot vandag uitgestel sodat Carstens se regspan die bloedtoetse kon nagegaan.

Carstens is op 19 Desember 2010 in Kaapstad se middestad vir beweerde dronkbestuur in hegtenis geneem.

Lees ook:
Sanger se hofsaak uitgestel
Arno Carstens in hof oor “dronkbestuur”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.