Sangoma-nuweling glo ontslaan oor vreemde kleredrag

Argieffoto.

ʼn Sangoma van die Oos-Kaap, wat onlangs ʼn sangoma geword het, is gevra om sy werkplek te verlaat omdat hy glo met tradisionele drag en met ʼn wit-geverfde gesig by die werk opgedaag het, het die DispatchOnline Maandag berig.

Zolile Jali, ʼn algemene werker by Auto Tyres in Cambridge, beweer hy is verlede Maandag ontslaan omdat hy in sy tradisionele sangoma-kleredrag met krale en ʼn wit kopstuk by die werk opgedaag het. Hy het ook sy gesig wit geverf. Sy werknemer het egter ontken dat hy ontslaan is.

“Ek het verlof geneem nadat ek baie siek begin word het,” het Jali aan die DispatchOnline gesê. “Ek kon nie loop nie en het verskeie asma-aanvalle gekry. My voorvaders het aan my gesê ek word gestraf omdat ek my roeping as sangoma ignoreer,” het hy gesê. Hy sê hy het verlede Maandag met sy tradisionele drag by sy werkplek opgedaag, waarna hy ontslaan is.

Ivor Richter, Auto Tyres se takbestuurder, het gesê Jali is nie ontslaan nie, maar is tyd af gebied om sy voorkoms “uit te sorteer”. “Die werknemer het geweier om sy voorkoms te verander, alvorens hy nie toestemming van sy hoofmanne kry nie, en ons het gesê hy moet dit gaan doen,” het Richter gesê. “Ons onderneming volg streng maatreëls wanneer dit by ons werknemers kom. Klante het hul kommer uitgespreek oor dié werknemer se voorkoms,” het Richter bygevoeg.

– SAPA

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Soveel mensgemaakte of uitgedinkte geeste en gode wat hierdie wêreld opgeskeep sit, dan gee hy aan nog een geboorte in sy kop. Mnr Richter het reg opgetree. Toe die kliënte hom sien toe was hulle seker witter in die gesig as hy.

HELENA SEABORNE ·

LIEWE AARDE WAT HET HY VERWAG? MEESTE WERKPLEKKE HET I DRESSCODE. AS HULLE HOM DIT LAAT DUN KAN DIE KANTOORDAME STRAKS IN HAAR BIKINIE DAAR AANKOM IN DIE SOMER EN HULLE SAL DIT MUT TOELAAT. BE REALISTIC

akram ·

Ek hoop nie hy het dolosse voor die onderneming op die sypadjie gegooi nie. Dit kan dalk nog meer klante afskrik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.