ʼn Sangoma van Limpopo is vir ʼn tweede keer in hegtenis geneem nadat hy weer met ʼn 13-jarige meisie getrou het.
Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die sangoma is aanvanklik in Januarie in hegtenis geneem nadat sy verhouding met die 13-jarige meisie aan maatskaplike werkers gerapporteer is. Die saak teen hom is egter later teruggetrek en die 13-jarige meisie is in ʼn plek van veiligheid geplaas. Die sangoma het verlede week die meisie by die plek van veiligheid besoek en hom as haar oom voorgehou. Hy het die meisie glo help ontsnap waarna hy weer met haar getrou het. Die sangoma en die meisie se ma is in hegtenis geneem en sal Maandag in die Morokeng-landdroshof verskyn.