Sangoma verkrag vrou

ʼn Sangoma is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hy glo een van sy pasiënte verkrag het.

Volgens kaptein Kay Makhubele, ʼn polisiewoordvoerder, het die 50-jarige sangoma van Soweto glo Maandagaand die slagoffer (37) na sy huis genooi om ʼn reiniging ritueel te doen, omdat sy geglo het sy is vervloek.

“Sy is aangesê om ʼn wit hoender te koop. Toe sy met die hoender daar aankom is die dier doodgemaak en die bloed met water en medikasie gemeng,” het Makhubele gesê.

Die slagoffer is toe beveel om in ʼn ander kamer te gaan bad en nie weer klere daarna aan te trek nie.

“Hy het in die kamer ingegaan en vir haar gesê sy is gereinig, waarna hy het haar eweskielik oorval en verkrag het,” het Makhubele bygevoeg.

ʼn Saak van verkragting word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.