Sangoma wat albino opgrawe kry borg

Die toordokter, wat saam met sy helper daarvan verdink word dat hulle Vrydagoggend die oorskot van ʼn albino opgegrawe het, is Maandag op borg van R1 000 vrygelaat.

Maroela Media het vroeër berig die 54-jarige sangoma en sy 39-jarige helper is in hegtenis geneem nadat hulle glo in die vroeë oggendure ʼn albino se oorskot opgegrawe het. Die twee verdagtes is omstreeks 02:30 in die Moletsamongwe-begraafplaas van die Modimola-nedersetting in Noordwes betrap. Hulle het ʼn sak by hulle gedra wat glo die oorskot van Sipho Lolwane (54) bevat het.

Die sangoma, Koketso Jabane, en die helper, Rapelang Modise, het Maandag in die landdroshof in Mmabatho verskyn. Albei is borg van R1 000 toegestaan.

ʼn Saak van grafskending word ondersoek. Die verdagtes moet weer 7 Desember in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.