Sangoma wat boer se geslagsdele kook word pasiënt

Die sangoma van Lesotho wat in hegtenis geneem is terwyl hy glo ʼn boer se geslagsdele gekook het, is Woensdag deur die Vrystaatse hooggeregshof as ʼn pasiënt van die president verklaar en sal in ’n psigiatriese inrigting of tronk aangehou word, het Beeld Donderdag berig.

Volgens die dagkoerant het ʼn psigiatriese verslag bepaal dat die sangoma, Hopolong Moeketsie (34), nie tussen reg of verkeerd kon onderskei toe hy twee moorde in 2009 gepleeg het nie. Basie Venter (65) is op 30 Maart in Vierfontein vermoor en Jan van Wyk (82) die dag daarna.

John Engelbrecht, ʼn ooggetuie, het in ʼn polisieverklaring gesê hy het op 31 Maart Moeketsie buite Van Wyk se huis gesien waar staan en vee. Sy bene was glo bebloed. Hy het in die huis in gehardloop en die deur gesluit. Engelbrecht het die deur oopgeskop waarna Moeketsie hom met ʼn skêr en ʼn byl aangeval het. Engelbrecht kon hom oorweldig en het hom vasgebind. Engelbrecht sê hy het Van Wyk se geskende en naakte liggaam in sy bloedbevlekte sitkamer onder ’n kombers aangetref. Sy geslagsdele was besig om in ʼn pot op die stoof te kook.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nico Grobler ·

Lyk my dis hoekom die misdadigers vry losloop. Niemand van hulle kan onderskei tussen goed en kwaad nie.

johan storbeck ·

dankie Mnr. Engelbrecht, sou so iets weer gebeur verdedig met meer aggresie en maak vrek!

Annette Beukes ·

Basie Venter, die man wat op 30 Maart 2009 vroeer die aand vermoor is, was my suster se man. My seun het in die nag gejaag
Viljoenskroon toe van Sasolburg af om my angsbevange suster te gaan haal. Daar was gelukkig baie gou van die omgewing se mense by haar nadat sy alarm gemaak het. Daar was nooit veel bohaai gemaak oor hierdie gebeure nie…net maar NOG statistiek! Ons was uiters geskok om die volgende dag te verneem van die 82jarige bejaarde man wat dieselfde nag ook deur die man vermoor is. Omdat my man die vorige week oorlede is en Basie Venter nog die Vrydag voor sy dood by ons was…was dit so ‘n dubbel hartseer wat ons gesin getref het en my suster ontwortel het waar sy baie gelukkig is.WAT se ons vandag hieroor EN oor die vonnis? Ons het van die begin af geweet GEEN mens by sy volle positiewe kon so WREED wees nie. Ons het hom in 2009 al in God se hande geplaas deur gebed…God wat regverdig sal oordeel. Verder het ons besef…dat ons self oor ons eie gedagtes en woorde moes die wag hou…anders is ons skuldig soos hy! Die Here het ons bemoedig en getroos vanuit Ps 37, wat toe ook die troosboodskap by roudiens was. Ons is BLY hierdie hoofstuk kan nou afgesluit word…ons is almal ou heel deur die genade en liefde van ons Vader. Ek wou dit net graag se dat mense DIT kon hoor. Groete Annette Beukes – Sasolburg

a.lombard ·

Dit is eenvoudig te veel, net te veel, dit laat my dink aan die verhale van mensvreters!
geen inrigting gaan help nie, dit is ‘n berskoning om nie die KULTUUR te ondersoek nie, soos wat die Sangomas mag gebruik of nie gebruik nie. Wanneer gaan ons almal maar ALMAL saam staan en
SKREEU genoeg is genoeg!
en
SKREEU Laat Zuma gaan! want met beter wet toepassing kan des gekyke sake die straf ontvang wat dit verdien
of
skreeu
BRING DIE DOODSTRAF TERUG!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.