SANParke-beamptes in hof oor renosterstropery

Die vier SANParke-beamptes wat van renosterstropery aangekla is, het Donderdag in die Witrivier landdroshof verskyn en hulle name is bekendgemaak.

Die vier mans is ʼn verkeersbeampte, dr. Mabusa Mgwenyama, ʼn veldwagter Tiyanan Mabunda en twee gidse Charles Mabunda en Duncan Mnisi. ʼn Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Mthunzi Mhaga, sê die vier mans sal weer op 14 Maart in die hof verskyn. “Die saak is uitgestel vir ʼn formele borgaansoek en hulle bly in aanhouding.” Al vier die mans het in die Krugerwildtuin gewerk. Hulle is op 28 Februarie in hegtenis geneem nadat ʼn renosterkoei en haar kalf vir hulle horings doodgemaak is. Die vier mans was in die Pretoriuskop-gebied werksaam, waar 11 renosters reeds vanjaar gestroop is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.