SANParke-man, dogter sterf in botsing

Raymond Jansen (38) en sy 10-jarige dogter, Kaitlyn, is in ʼn botsing reg van voor op die Gemsbokpark-pad buite Upington in die Noord-Kaap dood.

Luit. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, sê Jansen, sy vrou Amanda (40), Kaitlyn en hul eenjarige seun Raymond het Saterdagmiddag teruggekeer huis toe na ʼn besoek aan die egpaar se oudste seun Bradley (16) by die koshuis van ʼn plaaslike skool toe die ongeluk plaasgevind het. Die Jansens se Toyota Corolla het reg van voor teen ʼn VW Golf gebots. ʼn 28-jarige man was die enigste insittende van die Golf. Kock sê die motors het na die botsing aan die brand geslaan. Omstanders kon daarin slaag om almal behalwe Jansen uit die brandende motors te bevry. Kaitlyn is kort hierna op die toneel dood verklaar. Jansen is in die motor dood. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend.

Die Burger berig intussen dat Jansen die finansiële hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se ariede parke was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.