SANParke het ontken dat hulle twee “problematiese leeus” uit die Kruger-wildtuin verwyder het om in ʼn privaat gebied gejag te word.
“Daar is geen verwantskap tussen die Kruger-wildtuin en diegene wat betrokke is by die jagaktiwiteit nie,” het Abe Sibiya, besturende direkteur van die wildtuin, Dinsdag in ʼn verklaring, gesê.
Sibiya sê die wildtuin het nie die leeus verwyder sodat hulle iewers anders gejag kon word nie. Hy sê ʼn brief het die afgelope paar maande die ronde gedoen met vervalsde handtekeninge van bestuur van die wiltuin. Dié brief keur glo ʼn jag binne die Makuya-wildreservaat in Limpopo toe.
“Sekere individue het die Kruger-wildtuin se naam en van sy sleutelwerknemers gekoppel aan gewetenlose jagondernemings, om sodoende niksvermoedende kliënte te lok,” het hy gesê.
SANParke se omgewingsmisdaadbeamptes ondersoek die bedrieglike advertensie en brief. -SAPA
Waar daar ‘n rokie is….is ‘n vuurtjie nê ?!
Ja, so sal die geld wolwe hierdie pragtige land van ons kaal stroop Bitter hartseer!!!!!