SANParke-werknemer vas oor onwettige jag

ʼn Werknemer van SANParke is Maandag in verband met onwettige jag in hegtenis geneem.

“Hy word by verskeie onwettige kommersiële jagaktiwiteite op staatsgrond betrek,” het Reynold Thakhuli, woordvoerder van SANParke, gesê. Verskeie professionele jagters en wildsvleis operateurs word glo ook betrek. Thakhuli sê die werknemer het by een van SANParke se nasionale parke gewerk. Hy sê die werknemer het glo onder meer SANParke se briefhoof gebruik om dit te laat blyk dat die “onwettige transaksies” deur die organisasie goedkeur is. Die onwettige jag het glo op die plaas Den Staat in Limpopo plaasgevind. Die plaas word deur die staat besit. Thakhuli sê soveel as 16 jaggroepe het die plaas op sekere dae besoek, selfs buite die amptelike jagseisoen. Hy sê tien onwettige jagters is ook regoor die land in hegtenis geneem en sal volgende maand in verskeie howe verskyn.

SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.