Sanral-advertensies glo ‘n vermorsing

Die 200%-styging in Sanral se advertensiekoste die afgelope twee jaar is ‘n “skokkende vermorsing van tyd”, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Maandag gesê.

“Dit moet een van die wêreld se onsuksesvolste veldtogte wees, waar miljoene rande van belastinggeld gebruik word met bitter min sukses in die bevordering van hul saak,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê.

Duvenage sê Sanral se advertensiebegroting is gelykstaande aan net ‘n paar groot maatskappye in Suid-Afrika. Hy sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) tree soos ‘n monopolie op met die regeringsbeleid as verdediging.

Ben Martins, minister van vervoer, het Woensdag in die parlement aangedui dat Sanral se advertensieuitgawes van R30.4 miljoen in 2010/11 na R84.5 miljoen in 2011/12 gestyg het tot R87.1 miljoen in 2012/13.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarie van Niekerk ·

Dit is nou maar net ‘n feit, party mense sit net eenvoudig permanent op hulle verstand! Ongelukkig is daar nie pille vir domastrantheid nie, want dit is wraggies wat Sanral is, domastrant. Hoekom gebruik hulle nie die geweldige advertensiekoste om die astronomiese lening wat aangegaan is vir die bou van die e-tolstelsel af te betaal nie. Die afgelope drie jaar het hulle met ander woorde reeds R242 miljoen aan advertensiekoste betaal. Dit kon ‘n groot gedeelte van die lening afgetaal het. Ek dink dit is tyd dat die hele topbestuur van Sanral in die pad gesteek en mense aangestel word wat nie op hul verstand sit nie. Mense wat ‘n slag kan dink

JB ·

Hoeveel paaie kon hul nie al herstel het met daardie geld nie?. Hoeveel huise kon hul nie al gebou het nie? Hoeveel hongermense kon hul nie al gevoed het nie? Hoeveel ekstra werk kon hul al geskep het? Maar dit sal nie gebeur nie, want dit sal in elk geval in een van hul se sakke beland het!!!!

Conrad ·

Sarie, hulle kan nog R242 miljoen spandeer, ek gaan nog steeds nie ‘n e-tag koop nie.

InaT ·

en dan claim hulle seker nog die btw terug, want ek is seker dat hulle nog nie daai tipe inkomste gekry hey nie. Maw ons belasting geld refund hulle vir geld wat hulle mors. Lekker in Africa!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.