Sanral: Alles weer normaal ná antraks-skok

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoofkantoor het Woensdag weer teen volle kapasiteit gewerk nadat die gebou Dinsdag ontruim is toe ʼn verdagte wit poeier daar gevind is.

“Werknemers is terug by die werk en alles gaan voort soos gewoonlik,” het Jamie Surkont, die uitvoerende hoof van die Electronic Toll Collection (ETC), die maatskappy wat verantwoordelik is om e-tol in te vorder, gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig die kantoorblok is ontruim nadat ʼn “verdagte koevert met ʼn wit poeierstof” op die perseel aangetref is. Die Tshwane gevaarlikestowwe-eenheid is ontbied toe die koevert opgespoor is. Dit het daartoe gelei dat die elektrisiteit afgeskakel en die gebou ontruim moes word. Lees meer hier.

Altesaam 37 mense is ontsmet en in die hospitaal opgeneem as ‘n voorsorgmaatreël. Surkont sê al dié werkers is teen Woensdagoggend ontslaan.

Sanral het Dinsdag gesê die ontruiming het tot ʼn onderbreking in die e-tolstelsel op Gauteng se hoofweë gelei, maar Surkont het dit ontken.

Biologiese toetse het bewys dat die verdagte wit poeier nie antraks is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eben ·

Jamie Surkont vertel ons watse poeier was dit toe.

Al die werkers wat Woensdagoggend uit die hospitaal ontslaan is, dit moet seker n vernedering gewees het dat hulle hospitaal toe moes gaan omdat hulle aan babapoeier in aanraking was.

Terloops wie betaal die rekening in die hospitaal … die pad verbruiker?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.