Sanral doen aansoek by banke vir lenings

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) nader verskeie banke in ʼn poging om R1.48 miljard te bekom, het die organisasie Woensdag gesê.

“Die grootste gedeelte van die bedrag wat benodig word, is om die skuld op die Gauteng hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) af te betaal,” het Alex van Niekerk, tol- en verkeersbestuurder van Sanral, gesê. “Ons bereik ook binne die volgende drie maande waar die situasie kritiek gaan raak.”

E-tol, wat die projek sou finansier, het nog nie begin nie en die maandelikse koste van die betrokke infrastruktuur beloop R25 miljoen.

Van Niekerk sê hy kon nie die handelsbanke noem wat Sanral nader vir die lening nie.

Sanral het twee portefeuljes: die nie-tolportefeulje beslaan 84% en is glo finansieel gesond. Die oorblywende 16% is die tolportefeulje wat die GFIP insluit.

Volgens Sanral staar hy nie bankrotskap in die gesig nie, omdat dit slegs die kleiner portefeulje is wat kontantvloeiprobleme ervaar. “Dit het glo nog nie Sanral se vermoë om die ander bestaande tolpaaie te diens, beïnvloed nie,” het Van Niekerk gesê.

Nuwe projekte om snelweë te verleng is nog nie op tender geplaas nie, omdat Sanral huiwerig is om tans meer skuld aan te gaan. Van Niekerk kan egter nie sê wanneer e-tol ʼn realiteit sal word nie. “Dit hang af wanneer die Wysigingswet op Vervoer en Aanverwante Sake aanvaar word en die uitkoms van die regsgeding oor e-tol.”

Sanral het in April ʼn aanduiding gegee dat die e-tolprojek binne twee maande sou begin, maar die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) beveg steeds die implementering van e-tol in die hof. Die konstitusionele hof het Outa verlof toegestaan om die saak na die hoogste hof van appèl in Bloemfontein te neem. Die saak sal in September aangehoor word.

Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, sê die organisasie hoop om nog “die harte van motoriste in Gauteng te wen”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fritz Rossouw ·

As dit ‘n blanke besigheid was, was dit reeds lankal bangkrot verklaar? Nou is dit ‘n belasting betaler besigheid en kan hulle maar geld mors, soos hulle wil?

JB ·

My hart gaan hul beslis nie wen nie!!!! Hul sal eers baie moeite moet doen voor ek enige etol betaal!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.