Sanral: ‘e-skyfies is verpligtend’

Sanral ontken nou dat e-skyfies verpligtend is. Lees meer hier.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het konsep regulasies uitgereik waarvolgens dit verpligtend sal wees om ‘n e-skyfie te kry en die regering die reg sal gee om jou bestuurslisensie te verwyder en om jou motor te skut.

The Star berig dat die konsep veranderinge aan die regulasies op die Wet op Nasionale Paaie verlede week aan ʼn paar partye gestuur is maar nog nie wyd gepubliseer is nie. Daar is versoek dat kommentaar binne 20 dae van publikasie ontvang moet word. Indien dit goedgekeur word, sal vredesbeamptes motors mag aftrek en aandring om ‘n rybewys te sien, sowel as enige skyfie of dokumente wat motoriste veronderstel is om by hulle te hê. Sanral het nooit voorheen gesê dit is verpligtend om ʼn e-skyfie te koop nie. “Deur die e-tolstel en die voorgestelde regulasies deur die Strafproseswet te implementeer, bevorder die regering ‘n baie aggressiewe benadering en gespanne verhouding met sy burgers,” het Wayne Duvenage, adjunkpresident van die Suid-Afrikaanse vereniging vir motorverhuring en bruikhuur (Savrala), gesê.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.