Sanral: ‘e-tol kom vinnig nader’

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) en die departement van vervoer sê die implementering van die e-tolstelsel kom vinnig nader.

“Daar is ʼn paar stappe in die proses oor maar die implementering van die e-tolstelsel is goed op dreef,” het Nazir Alli, uitvoerende hoof van Sanral, Sondag in ʼn gesamentlike verklaring met die departement van vervoer gesê. Konsep regulasies en kennisgewings oor hoe die e-tolstelsel gaan werk is Vrydag in die Staatskoerant gepubliseer. Die Nasionale Raad van Provinsies het Woensdag ʼn wysigingswetsontwerp, wat nodig is vir die implementering van e-tol, goedgekeur. “Ons is besig om die finale stappe te implementeer voor die e-tolstelsel in werking tree.” Daar is slegs twee wetlike aspekte wat nog afgehandel moet word. Die publiek het 30 dae om kommentaar te lewer op die regulasies en kennisgewings wat in die Staatskoerant gepubliseer is en president Jacob Zuma moet die wysigingswetsontwerp as wet bekragtig. “Ons het al die behoorlike prosesse gevolg en al die nodige infrastruktuur is in plek om af te skop,” het Alli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.