Sanral erken e-tol-“haakplekke”

Argieffoto

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het erken dat daar ʼn paar “haakplekke” in die insamelingsisteem vir e-tol ervaar word, het The Citizen Vrydag berig.

Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, het aan die koerant gesê daar was ʼn paar “ware” klagtes oor die stelsel. “Daar is geldige klagtes van klante. Geen sisteem is onfeilbaar en 100% akkuraat nie,” het Mona gesê.

Hy sê daar is nie ʼn groot aantal soortgelyke klagtes nie, en die klagtes wat by die verbruikerswebwerf Hellopeter.com aangemeld is, word ook deur Sanral se departement van skakelwese hanteer.

Mona sê die agentskap het op ʼn geldige wyse deur die nasionale verkeersinligtingstelsel (eNatis), motoriste se selfoonnommers bekom. “Ons oortree nie enige wette nie en skend nie mense se privaatheid nie.”

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.