Sanral gaan nie hofbevel teenstaan

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gaan nie teen die tydelike hofbevel teen die instelling van die e-tolstelsel appelleer nie en het glo reeds prosesse begin om die e-tolstelsel te hersien.

Beeld berig vandag dít blyk uit ’n brief van Sanral se prokureurs wat aan die Bondegenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) gestuur is.

Regter Bill Prinsloo het op 28 April in die hooggeregshof in Pretoria ’n hofbevel teen die inwerkingstelling van die e-tolstelsel toegestaan wat deur Outa ingedien is. Die hofbevel verbied Sanral om tol op Gautengse paaie te hef alvorens die hele stelsel en besluite daaroor in ’n hersieningsverhoor ondersoek is.

Pieter Conradie, regsverteenwoordiger van Outa, het Maandag gesê hy het nog geen kennisgewings ontvang dat aansoeke om verlof tot appèl teen die hofbevel ingedien is nie. Conradie het gesê hoewel die departement van vervoer, Sanral en/of die tesourie nog nie te kenne gegee het dat hulle teen die hofbevel gaan appelleer nie, hy wel die brief van Sanral se prokureurs ontvang het. Sanral het tot gister gehad om appèl teen die uitspraak aanteken.

Lees volle storie hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.