Sanral gereed om met e-tolprojek voort te gaan

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Woensdag die grondwetlike hof verseker dat hy suksesvol e-tolgeld van motoriste kan verhaal.

Die regering betwis tans in dié hof ‘n interdik wat in April deur die Noord Gautengse hooggeregshof uitgereik is om die e-tolprojek uit te stel, berig EWN. Die omstrede projek sal in November in sy geheel hersien word. Die Nasionale Tesourie het aan die hof gesê dat die interdik ‘n geweldige invloed op Suid-Afrika se ekonomie meebring en dat dit teruggetrek moet word. David Unterhalter, Sanral se advokaat, sê hulle is bewus daarvan dat sommige motoriste gaan poog om betaling te vermy. “Daar is wel mense wat nie gaan betaal nie, maar dit beteken nie die stelsel is nie gereed of bekwaam om prakties uitvoerbaar te wees nie,” het hy gesê. Volgens Unterhalter sal alle oortreders nie vervolg hoef te word nie, maar hulle sal slegs ‘n voorbeeld hoef te maak van ‘n paar. Hy het ook die “verbruiker-betaalbeginsel” verdedig en gesê dit is die regering se plig om te bepaal wat die beste finansieringsmodel sal wees. Die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) sal na verwagting op dié bewerings reageer. Indien die projek ingestel word, sal motoriste 30c/km betaal om van meeste van Gauteng se snelweë gebruik te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marius Buys ·

Afgesien daarvan dat daar nie geraadpleeg is met alle rolspelers VOOR die projek deur gestoomroller is nie is die verhaling van onbetaalde gelde oneties.

Die inkomste van die projek is winsbejag en nié betaal vir verbruik nie. Die etol projek is voorts verbind met die maatskappy wat die wapen skandaal aan hande gebring het.

Die projek is NIE in die beste belang van die Suid Afrikaanse Regering omdat dit wins maak uit staats verantwoordelikheid óf die padverbruiker omdat daar nie alternatiewe roetes is nie.

Wie het al ooit gehoor van n maatskappy wat met onwettige optrede voortgaan omdat hulle tot stilstand bring die regering in n slegte lig werp! Die slegte lig is die GEKONKEL EN BAK HANDE wat in die projek aangaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.