“Sanral het ons ondersteuning nodig” – dept van vervoer

Die Nasionale Padagentskap (Sanral) benodig ruimte en ondersteuning ná die bedanking van Nazir Alli, hoof uitvoerende beampte, het die departement van vervoer Donderdag gesê.

“Die raad moet ruimte gegun word en die nodige ondersteuning ontvang in hul strewe om te verseker dat Sanral steeds gehalte padnetwerke aan die mense van Suid-Afrika verskaf,” het woordvoerder Tiyani Rikhotso in ʼn verklaring gesê. Sibusiso Ndebele, minister van vervoer, het gesê: “Belastingbetalers, belanghebbende aandeelhouers, die raad van Sanral en personeel kan verseker wees van ons onverdeelde ondersteuning aan die agentskap gedurende dié tydperk en vorentoe.”

Sanral het Dinsdag Alli se bedanking aangekondig. Mediaberigte spekuleer of hy die “sondebok” was vir die probleme wat tydens die bekendstelling van die e-tolstelsel ervaar is. Koos Smit sal as waarnemende uitvoerende hoof optree wanneer Alli in Junie uit die amp tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mike ·

Ek dink die hele tolhek stelsel moet ondersoek word, nie net die e-tol stelsel nie. Van die ander tolhekke is peperduur en daar is al by van hulle betoog. As die kostes om deur ‘n tolhek te ry en die aantal motors wat daardeur gaan bymekaar getel word, kom jy by miljoene rande per maand uit. Ek kan nie insien hoe hulle al hierdie geld kan bestee om die paaie in stand te hou nie. Die regering mors en steel baie geld jaarliks wat hulle kan gebruik om die paaie in stand te hou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.