Sanral-hoof se bedanking teruggetrek

Nazir Alli, die bestuurshoof van die Nasionale-padagentskap ( Sanral) wat onlangs bedank het, gaan in sy pos aanbly.

Adjunkpresident Kgalema Motlanthe het Donderadag tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê daar is geen soektog na ‘n nuwe bestuurshoof vir Sanral nie. Hy het gesê dat Alli se bedanking teruggetrek is. Motlanthe het ook gesê die regering oorweeg nuwe wetgewing om Sanral oor die volgende ses maande met sy geldsake te help.

Die konstitusionele hof sal na verwagting een van die dae besluit of Sanral kan appelleer teen die  hooggeregshofbeslissing wat die implementering van die Gautengse e-tolstelsel gekeer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.