Sanral-hoofkantoor ontruim na bomdreigement

Foto: @njanjichauke/Twitter

Foto: @njanjichauke/Twitter

Die hoofkantoor van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) in Midrand is Sondagmiddag vir die derde keer die week ontruim nadat daar ‘n bomdreigement was.

Tiyani Rikhotso, woordvoerder van die department van vervoer, sê Dipuo Peters, minister van vervoer, het die voorval ten sterkste veroordeel. “Minister Peters doen ‘n beroep op wetstoepassingagentskappe om vinnig hul ondersoek af te handel ten einde diegene wat verantwoordelik is vir die bedreiging van personeel se veiligheid, te identifiseer,” het Rikhotso gesê.

“Daar is elemente in die samelewing wat vasbeslote is om die vrede en veiligheid van hul mede-burgers te ondermyn. Hierdie agterlike en onbeskaafde individue het verkies om alle platforms wat deur ons Grondwet aan hulle beskikbaar gestel word om hul besware te lig, te ignoreer,” sê minister Peters. Sy sê alle vredeliewende burgers moet die “regressiewe tendense” ten sterkste veroordeel.

Peters sê die oortreders van sulke misdade besef nie dat hulle onwettige dade die aandag van wetstoepassingagentskappe en nooddienspersoneel verplaas van hulle hoofmandaat naamlik om vrede en stabiliteit te verseker nie. “Iemand se lewe kan werklik in gevaar wees wanneer sulke dreigemente gemaak word. Instede daarvan om aandag te gee aan diegene wie se lewens regtig in gevaar is, is beamptes besig om sulke vals alarms by te woon,” sê Peters. Volgens die minister het Sanral haar verseker dat hul personeel die nodige aandag en hulp kry om die afgelope week se traumatiese gebeure te verwerk.

Sanral se hoofkantoor is Dinsdag en Vrydag ook ontruim nadat daar op albei dae ’n koevert met ’n wit poeier daar afgelewer is. In albei gevalle is daar ondersoek ingestel om te bepaal of die poeier antraks is. Die wit poeier was egter onskadelik.

Lees ook:
Sanral oorweeg aparte posbus
Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Paul Smith ·

Is dit alles nie net maar ‘n ou grappie om te wys hoe groot die grappe is wat SANRAL produseer om vir mense wat jare-en-jare gelede al dood is aanmanings te stuur vir die gebruik van e-tol geriewe nie? Hoeveel tyd , mannekrag en energie word nie daarmee vermors wat seker duisende rande beloop.

Ria Maritz ·

Kyk, die mense is nou meer as ernstig wat betref SANRAL.

Sanral het die gat gegrawe en gaan uiteindelik self daarin val.

Andre ·

Huldig die agbare minister en haar “wetstoepassingsagentskappe” dieselfde aksie tov aanvalle op plase?

Robbie ·

Hierdie minister Peters moet redelik stupid wees. Die mense het klaar alle platforms wat deur ons Grondwet aan hulle beskikbaar gestel is gebruik om te se dat ons nie hierdie “Etolly” soek nie. Die volgende stap is die logiese gebeure wat volg as die grondwet jou nie wil aanhoor nie. Kyk maar reg oor die wereld Peters en jy sal agterkom dit is wat mense doen, die ANC het ook die taktiek gebruik.

Jasper ·

Mnr. Peters jy praat van trauma en veragtelike dade. As jy wil weet wat dit beteken, gaan kyk liewer na plaasmoorde en doen iets daaraan.
Hierdie bietjie rondskarrel is net goeie oefening vir jou oorgewig amptenare.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.