Sanral is “desperaat vir entoesiasme” – Outa

Die e-tolwinkel op 27 November 2013 in Maponya Mall Foto: SAPA

Die e-tolwinkel op 27 November 2013 in Maponya Mall Foto: SAPA

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het Woensdag gesê daar is ʼn reuse verskil tussen teësinnige nakoming van en die entoesiastiese ondersteuning van die e-tolstelsel.

“Die omvang van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se skakelwese-veldtog het ontaard in ʼn growwe versinsel wat gemotiveer is deur Sanral se desperate poging om die indruk van entoesiastiese ondersteuning te skep,” het Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, gesê. “Daar was al talle voorbeelde van wanvoorstelling deur Sanral, en hierdie jongste misleiding is nóg ʼn voorbeeld wat hul geloofwaardigheid skend.”

Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid (Sacci) het Dinsdag gesê die organisasie is steeds teen e-tol weens die hoë invorderingskoste en algemene las op die ekonomie. “Ons raai egter ons lede aan om aan die wet te voldoen wanneer dit op 3 Desember in werking tree, weens die hoë tariewe wat gehef gaan word wanneer ʼn motoris nie daaraan voldoen nie,” het Neren Rau, hoof uitvoerende beampte van Sacci, gesê.

Vusi Mona, woordvoerder vir Sanral, het Dinsdag Sacci se ondersteuning vir e-tol verwelkom.

Intussen was e-tolwinkels Woensdag in winkelsentrums regoor Gauteng baie stil voor die aanvang van dié omstrede stelsel volgende week.

SAPA-joernaliste het Woensdag onderhoude gevoer met klante buite die e-tolwinkels. Van die klante het aangedui dat hulle slegs ʼn e-tolskyfie aanskaf “om te voldoen aan die wet” en “om nie so duur te betaal nie”. Talle klante was nog onseker hoe die stelsel gaan werk en waarom hulle moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Griet ·

Mmm………, wat kom die Keiser toe Stinkvinger?
Die MIDDEL vinger?

Eben ·

Vusi Mona het jy nie bedank op n staduim … en sien die sous trein is lekker en jou bedanking teruggetrek? ….. Jammer as ek verkeerd is oor jou bedanking maar glo nie. Nee wat ou grote julle is op die Titanic van die regering … net die verskil hy gaan vinniger sink!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.