Sanral kondig tydelike uitvoerende hoof aan

Koos Smit

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het pas bekend gemaak Koos Smit, uitvoerende-ingenieur, gaan tydelike as uitvoerende hoof intree tot Nazir Alli in Junie sy pos ontruim.

“Hy is ʼn ingenieur met onskatbare ondervinding en is alom in die industrie bekend vir sy bydraes tot die agentskap se suksesvolle ontwikkeling en instandhouding van die land se nasionale padnetwerk,” het Tembakazi Mnyaka, Sanral se voorsitter, Woensdag in ʼn verklaring gesê.
“Die raad het volle vertroue dat Smit seker sal maak die daaglikse werksaamhede van Sanral gaan voort.”
Mnyaka het voorts gesê hulle neem kennis van al die spekulasie rondom Alli se skielike bedanking.
“Alli het nie ʼn rede vir sy bedanking verstrek nie en Sanral glo nie dit is onder omstandighede nodig om sy persoonlike redes te ondersoek nie. Ons is wel seker dit was Alli se eie keuse. Hy was nié gevra om te bedank nie, inteendeel, in ʼn onlangse prestasie-evaluering het die raad hom as ver bo gemiddeld evalueer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.