Sanral: ‘Om nie tolgeld te betaal nie is onwettig’

tol-300x19911Om nie tolgelde te betaal nie is teen die wet, ongeag of daar ʼn faktuur uitgereik is of nie, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) Sondag gesê.

“Om nie tolgelde te betaal nie is nie net ʼn verkeersoortreding nie maar ʼn kriminele oortreding,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, in ʼn verklaring gesê. “Die regsverpligting om tolgelde te betaal spruit uit die gebruik van die tolpaaie en om onderdeur ʼn tolhek te ry en nie van ʼn faktuur wat aan die padgebruiker gestuur word nie.” Mona sê daar word ook op borde langs die tolpaaie aangedui dat betaling binne sewe dae moet geskied. “Sanral gebruik beskikbare regshulpbronne tot sy beskikking om voertuigeienaars te kontak. Ons reik kennisgewings uit gevolg deur fakture ten einde padgebruikers te waarsku dat hulle uitstaande skuld het.”

Justice Project SA (JPSA) het Sanral en die departement van vervoer vroeër die week versoek om hof toe te gaan ten einde duidelikheid te kry oor die geldigheid van weersprekende toltariewe wat in die staatskoerant gepubliseer is. Die Engelse en Afrikaanse weergawes van die tariewe verskil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Praat Saam ·

Haal die tolhekke of wat dit genoem word af aangesien dit onwettig is om daaronder deur te ry. Breek die paaie af es dit onwettig is om daarop te ry en bou paaie waarop ons wettig kan ry.
Sanral raak paniekeerig, hulle weet dit is van die begin af ‘n mislukking en sal hulle skoolgeld moet betaal.
Maroela hulle is die oom of tannie waarvan niemand hou nie.

Piet ·

“Visa Mona sê daar word ook op borde langs die tolpaaie aangedui dat betaling binne sewe dae moet geskied. “ Self het ek nog nie ‘n snelweg gery nadat tolgeld begin hef is, dus kan ek nie sê hoe die borde lees nie. Maar op 28 November was Min. Peters by die beheerpunt in Midrand en toe het Nasser Ali gesê dat ‘n mens moet betaal BINNE SEWE NADAT JY ‘N REKENING ONTVANG HET ! Volgens my nie vir misverstand vatbaar nie. Later was daar weer ander verklarings dat jy moet betaal binne sewe dae nadat jy onder ‘n tolhek deurgery het. Ek bly dus by wat Nasser Ali gesê het. Wanneer ek ‘n tolpad gebruik sal ek nie weet hoeveel ek hulle uiteindelik skuld nie, tensy ek ‘n rekening ontvang. Wat die bedrag aandui, datums en tye, aan wie ek moet betaal, onder watter verwysingnommer, ens.
Wat ek ook nog graag sou wil weet is of al die karre waarmee Barack Obama van Pretoria na Jhb. en terug gery het dagpermitte gehad het en, indien nie, of hulle, sonder dat hulle rekeninge ontvang het, wel binne sewe dae betaal het.
Vra maar net !

Marie ·

bla bla bla. Julle het onwettig begin…..kry vir julle! Julle sal dit wel iewers vandaan steel!!!!!

Fanie Minne ·

om belastinggeld te steel is ook onwettig, om vir die parliment te lieg is ook onwettig, om te verkrag is ook onwettig en om in sekere gevalle met wapen handle te dryf is ook onwettig maar dit het nog nie vir ons lands leiers gekeer nie.

Henk Venter ·

Wel Mona om ons, die inwoners van hierdie land te bedrieg en te besteel soos wat sanral, tmt en die regering doen is krimineel!! Julle weier net botweg om wette te gehoorsaam en om prosedures deur wetgewing bepaal te volg en dwing dan julle wil op die mense af. En as julle nie jul sin kry nie verander julle die wette soos wat dit tuishoort by ‘n goed georganiseerde korrupte regering. In kort, volg die voorgeskrewe prosedure en stuur julle fakture uit waarna ons sal besluit of ons tot die staatskas van nkandla wil bydra al dan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.