Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gerugte ontken dat hy “jok” oor die hoeveelheid e-tolskyfies wat in sirkulasie is, het die Business Day Donderdag berig.
“Dit sal baie dom van ons wees om daaroor te jok,” het Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, gesê.
Hy het op gerugte van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) gereageer en gesê die ouditeur-generaal se kantoor gaan hierdie maand met Sanral se oudit begin. “Sanral sal moet kan bewys dat 936 000 skyfies geregistreer is,” het hy gesê.
Hy het gesê probleme wat tot dusver in verband met e-tolrekeninge ervaar is, is groeipyne en dat Sanral gewillig is om die probleme op te los.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
4 Kommentare
Groeipyne ? Ek meen, groeipyne ? Nee wat, dis verskonings en onkunde vir hul eie onbeholpenheid.
B J Smit : volgende wat ons sal hoor is dat die ou verkeerd aangehaal is, ou Indier-truuk / verskoning om vir iemand “pa” te staan.
HEIL DIE LESER Ek maak ten sterkste beswaar teen die persoon, by name KOBUS, se knaende op- en aanmerkings rakende my replieke. U het reeds verlede week, asook op verskeie van sy ONGEVRAAGDE aanvalle op my gedurende hierdie week, sy onsinnige snert wat hy kwytraak, verwyder. Dit hou GEENSINS verband met die inhoud van die berigte nie, en dra beslis NIE die beeld van Maroela Media op ‘n positiewe noot uit nie, inteendeel, hy is ‘n verleentheid vir julle, sowel as enige ordentlik, opgevoede leser wat graag hul gedagtes met ons deel. Ek versoek u om daadwerklik op te tree… Lees meer »
Maroela ek het ook al gekla oor dieselfde man, maar my kommentaar word summier verwyder as ek by hom wil weet waarom hy sekere mense stalk.
“groeipyne” Maar hulle het ‘n jaar en ‘n half gehad om dit te toets – of wat het hulle al daai tyd gedoen ? Lekker agteroor gesit en koffie drink en aan die einde van die maand hand uithehou vir salaris ?