Sanral ontken ‘leuens’ oor e-tolskyfieverkope

nazir alli foto werner beukes sapa

Nazir Alli. Foto: Werner Beukes / SAPA

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het gerugte ontken dat hy “jok” oor die hoeveelheid e-tolskyfies wat in sirkulasie is, het die Business Day Donderdag berig.

“Dit sal baie dom van ons wees om daaroor te jok,” het Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, gesê.

Hy het op gerugte van die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) gereageer en gesê die ouditeur-generaal se kantoor gaan hierdie maand met Sanral se oudit begin. “Sanral sal moet kan bewys dat 936 000 skyfies geregistreer is,” het hy gesê.

Hy het gesê probleme wat tot dusver in verband met e-tolrekeninge ervaar is, is groeipyne en dat Sanral gewillig is om die probleme op te los.

Lees die volle storie hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ria Maritz ·

Groeipyne ? Ek meen, groeipyne ? Nee wat, dis verskonings en onkunde vir hul eie onbeholpenheid.

B J Smit : volgende wat ons sal hoor is dat die ou verkeerd aangehaal is, ou Indier-truuk / verskoning om vir iemand “pa” te staan.

Ria Maritz ·

HEIL DIE LESER

Ek maak ten sterkste beswaar teen die persoon, by name KOBUS, se knaende op- en aanmerkings rakende my replieke.

U het reeds verlede week, asook op verskeie van sy ONGEVRAAGDE aanvalle op my gedurende hierdie week, sy onsinnige snert wat hy kwytraak, verwyder.

Dit hou GEENSINS verband met die inhoud van die berigte nie, en dra beslis NIE die beeld van Maroela Media op ‘n positiewe noot uit nie, inteendeel, hy is ‘n verleentheid vir julle, sowel as enige ordentlik, opgevoede leser wat graag hul gedagtes met ons deel.

Ek versoek u om daadwerklik op te tree in die verband, ten einde elke persoon die geleentheid te gee om vreedsaam en beskaafde wyse hul menings te lug.

Vriendelike groete
RIA MARITZ

NS: U is welkom om my eerste repliek te verwyder,

GawieM ·

Maroela ek het ook al gekla oor dieselfde man, maar my kommentaar word summier verwyder as ek by hom wil weet waarom hy sekere mense stalk.

Jayare ·

“groeipyne” Maar hulle het ‘n jaar en ‘n half gehad om dit te toets – of wat het hulle al daai tyd gedoen ? Lekker agteroor gesit en koffie drink en aan die einde van die maand hand uithehou vir salaris ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.