Nazir Alli, hoof uitvoerende beampte van Sanral, het gesê Vrydag se tweede ontruiming van die bedryfsentrum in Centurion is kommerwekkend.
“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is baie besorg oor die impak wat hierdie tipe van gedrag op sy personeel het,” het Alli gesê. “Dit is vir meeste van dié persone hul eerste werk en hulle is relatief jonk. Diegene wat nie tevrede is oor ʼn regeringsbeleid nie, het behoorlike kanale wat hulle kan gebruik om hul ontevredenheid uit te spreek.”
Sanral het Vrydag gesê sy stelsel is nie deur die ontruiming ontwrig nie. “Slegs die inbelsentrum word hierdeur geraak,” het Sanral in ʼn verklaring gesê.
Electronic Toll Collection (ETC), die maatskappy wat e-tol invorder, het Vrydag gesê die wit poeier wat in die posbus opgespoor is, is skadeloos.
Intussen berig EWN dat Sanral nou oorweeg om van ʼn afsonderlike posbus gebruik te maak. “Ons oorweeg om van ʼn aparte perseel gebruik te maak vir alle inkomende posstukke,” het Jamie Surkont van ETC aan EWN gesê.
Sanral se hoofkantoor is Dinsdag ook ontruim nadat ʼn verdagte koevert met wit poeier daarin opgespoor is. Dié poeier was ook skadeloos.
Lees ook:
Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral
“Dit is vir meeste van dié persone hul eerste werk en hulle is relatief jonk.”
Sanral is skynbaar bekommerd hierdie jonges sal die poeier begin snuif?