‘n Wit poeier wat Vrydag in die posbus by Sanral se hoofkantoor in Centurion opgespoor is, is skadeloos, het die maatskappy Electronic Toll Collection (ETC) gesê.
“Ons kan bevestig dat die stof getoets is en dit is nie skadelik nie,” het Jamie Surkont, hoof uitvoerende beampte van ETC, gesê. Hy sê die gebou is as ‘n voorsorgmaatreël ontruim. Dit is nog nie duidelik wat die poeier was nie.
Dit is die tweede voorval vandeesweek. Die kantoor is Dinsdag ook ontruim nadat ‘n koevert met wit poeier opgespoor is.
ETC is die maatskappy wat verantwoordelik is om e-tol in te vorder.
Lees ook:
Sanral wéér ontruim
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral