Sanral se e-tol-bewerings is bog – OUTA

Die e-tolprojek in Gauteng

Die e-tolprojek in Gauteng

Sanral moet deursigtig wees met die aantal e-tolskyfies wat al verkoop is, want hulle skep die indruk dat motoriste “vuisslaan” om dit in die hande te kry, het die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) Maandag gesê.

“Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se bewerings, dat 1,2 miljoen e-tolskyfies  ‘opgeneem’ is, is bog,” het John Clarke, Outa se woordvoerder, in ‘n verklaring gesê. “Wat bedoel Sanral met ‘opgeneem’? As hulle van mening is dat dit die aantal e-tolskyfies is wat op voertuie aangebring is wat van Gautengse snelweë gebruik maak, is dit die verkeerde inligting.”

Sanral het Sondag Outa se bewering, dat motoriste nie e-tolskyfies koop nie, gekritiseer.

“Meer as 1.2 miljoen e-tolskyfies is al verkoop,” het Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, in ʼn verklaring gesê. Hy het ook beweer tussen 30 000 en 45 000 mense registreer weekliks op Sanral se stelsel. Lees meer hier.

Clarke het gesê hy is moeg vir Sanral se “kleinlike” bewerings. “Vir al wat ons weet sluit Sanral se sommetjies e-tolskyfies in wat op winkelrakke of iewers anders in stoorkamers lê. Maar dié skyfies is nutteloos as dit nie aan ʼn voertuig aangebring word wat van Gautengse snelweë gebruik maak nie. Waarom laat Sanral nie ʼn onafhanklike joernalis of ouditeur toe om na die rekenaarskerms by hul operasionele sentrum te kyk, waar al die inligting reeds veronderstel is om vrylik beskikbaar te wees nie?” wou hy weet.

Clarke wou ook weet wat was die persentasie voertuie wat tydens Februarie van die snelweë gebruik gemaak het en met e-tolskyfies toegerus is. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.