Die kredietgradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is deur die graderingsagentskap, Moody’s Investors Service, bevestig.
Die Business Report het Maandag berig dat Sanral se kredietgradering sedert Februarie verlede jaar drie keer afwaarts aangepas is en dat dit in September onder hersiening geplaas is vir ʼn moontlike verdere negatiewe aanpassing.
Moody’s het Vrydag, ná die implementering van die e-tolstelsel op Gauteng se snelweë, Sanral se kredietgradering bevestig, maar die negatiewe vooruitsig behou. Die negatiewe vooruitsig hou met die operasionele risiko’s ten opsigte van die insameling van e-tolgeld verband.
Sanral se kredietgraderingsvooruitsigte weerspieël die negatiewe vooruitsig op die Suid-Afrikaanse regering se huidige gradering.
– SAPA
Daar het hulle dit nou. In plaas daarvan dat hulle die petrol prys in dié provinsie met ‘n paar sent verhoog het om vir die opgraderings te betaal, gaan die padgebruikers nou so veel meer moet betaal weens die hoër rentekoerse van Sanral betaal.