Sanral se kredietgradering bevestig

sanralDie kredietgradering van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is deur die graderingsagentskap, Moody’s Investors Service, bevestig.

Die Business Report het Maandag berig dat Sanral se kredietgradering sedert Februarie verlede jaar drie keer afwaarts aangepas is en dat dit in September onder hersiening geplaas is vir ʼn moontlike verdere negatiewe aanpassing.

Moody’s het Vrydag, ná die implementering van die e-tolstelsel op Gauteng se snelweë, Sanral se kredietgradering bevestig, maar die negatiewe vooruitsig behou. Die negatiewe vooruitsig hou met die operasionele risiko’s ten opsigte van die insameling van e-tolgeld verband.

Sanral se kredietgraderingsvooruitsigte weerspieël die negatiewe vooruitsig op die Suid-Afrikaanse regering se huidige gradering.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gunter ·

Daar het hulle dit nou. In plaas daarvan dat hulle die petrol prys in dié provinsie met ‘n paar sent verhoog het om vir die opgraderings te betaal, gaan die padgebruikers nou so veel meer moet betaal weens die hoër rentekoerse van Sanral betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.