Sanral se terrorisme-saak van die rol geskrap

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

Sanral-bedryfsentrum Foto: @sacrimefighters op Twitter

ʼn Man wat in verband met terreurdade teen Sanral in hegtenis geneem is, se saak is Vrydag in die Pretoriase landdroshof van die rol geskrap.

Die man was die enigste persoon wat in die aanhoudingsel oorgebly het toe landdros Maryke de la Rey ingelig is dat die saak nie vervolg gaan word nie. Die hof is daarna verdaag.

Die 28-jarige man van Soweto is daarvan beskuldig dat hy betrokke was by twee voorvalle waar koeverte met wit poeier daarin by Sanral se hoofkantoor opgedaag het. Hy is ook daarvan beskuldig dat hy betrokke was by ʼn derde voorval waar ʼn bomdreigement aan Sanral gemaak is.

Die Valke het vroeër gesê die man is deur middel van ʼn selfoon opgespoor en hy is Woensdag in hegtenis geneem.

Die gebou is verlede week onderskeidelik Dinsdag en Vrydag ontruim nadat die koeverte met wit poeier daarin opgespoor is. Daar is aanvanklik gevrees dat dit antraks kan wees. Sanral het Sondag ʼn bomdreigement ontvang en die gebou moes weer ontruim word. Toetse het bevestig die poeier was onskadelik.

Vusi Mona, woordvoerder vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het Donderdag gesê die beskuldigde is nie ʼn Sanral-werknemer nie, maar dat hy vir Electronic Toll Collection, die maatskappy wat e-tol invorder, werk.

Die man se familielede het Vrydag gejuig oor sy vrylating. Sy prokureur, Harry Ramatshimbila het gesê daar was nie genoeg bewyse in hierdie stadium nie. Hy sê die polisie se ondersoek duur voort.

Lees ook:
Sanral sê verdagte werk nie vir hulle nie
Sanral-werker deur selfoon opgespoor
Sanral-werker vas oor dreigemente
Nuuskommentaar: Terreur teen Sanral
Minister veroordeel Sanral-veiligheidsaanvalle
Sanral-hoofkantoor ontruim na bomdreigement
Sanral oorweeg aparte posbus Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim 
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Eben ·

Gie gie … maak e-toll weer hulle naam gat! Hoop die man dagvaar e-toll vir miljoene!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.