Sanral uitvoerende hoof bedank

Nazir Alli, Sanral se uitvoerende hoof, het gister bedank. Foto: Gallo Images

Die Suid-Afrikaans Padagentskap (Sanral) se uitvoerende hoof, Nazir Alli, het bedank.
Tembakazi Mnyaka, Sanral se voorsitter, het Dinsdagoggend in ʼn verklaring bekend gemaak dat Alli nog tot 3 Junie sy pos gaan beklee. Sanral se raad het Maandag tydens ʼn vergadering Alli se bedanking aanvaar.
Mnyaka het Alli vir al sy bydraes, sedert Sanral se bestaan in 1998, bedank. Sanral het geen ander redes oor sy bedanking bekend gemaak nie.
“Die raad se huidige prioriteit is om seker te maak dat Sanral voortgaan met sy hoofrol om die nagenoeg 16 000km nasionale paaie te bedryf en te onderhou. Intussen verseker die raad dat Sanral sy samewerking sal gee met samesprekings oor die Gauteng-hoofwegverbeteringsplan en e-tolstelsel,” het hy afgesluit.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.