Sanral van ‘diefstal’ aangekla

etolhekke in gautengDie Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) het glo onlangs geld uit ʼn hele paar motoriste se rekenings onttrek wat reeds vir e-tolskyfies geregistreer het, alhoewel die e-tolstelsel nog nie in Gauteng in werking is nie.

Dié staatsbeheerde entiteit het egter aangevoer dat ʼn fout ingesluip het tydens IT-instandhoudingswerk, het ITweb Donderdag berig.

Terwyl die bedrae wat gedebiteer is skynbaar gering is, voel sommige verbruikers dat dit verdere gevolge kan hê. Een e-tolskyfierekeninghouer sê Sanral het ‘n dubbele debiet van 5c uit sy rekening aan die einde van Augustus onttrek, terwyl ʼn kollega ‘n soortgelyke ervaring gehad het.

“Steel Sanral van ons? As Sanral dié geringe bedrae debiteer van al sy 600 000 rekeninghouers, soos wat hy beweer hy het, kom dit tot ʼn slotsom van R30 000 wat hulle van ons steel,” het die rekeninghouer gesê. ʼn Ander rekeninghouer het gesê die bedrae is só gering dat nie almal dit sal agterkom nie, en het ander rekeninghouers versoek om hul bankstate goed na te gaan.

Vusi Mona, Sanral se woordvoerder, het gesê die padagentskap is bewus dat ʼn paar debietorders onlangs plaasgevind het, maar dit was weens ʼn “fout wat tydens instandhoudingswerk met ons diensverskaffer se bankkoppelvlak plaasgevind het”, en dat slegs 634 rekeninghouers daardeur geraak is, want die meerderheid van die rekeninghouers het voorafbetaalde rekeninge.

Mona het gesê die bedrae is dieselfde dag (27 Augustus) omgekeer as wat dit afgetrek is, alhoewel die rekeninghouer beweer dit het eers ʼn week later plaasgevind, wat die vraag laat ontstaan of hulle uit die rente kon baat vind.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Trippie ·

L M G A – ja, julle wou mos registreer en die ellendige skyfies koop !

Jasper ·

Net n glipsie ?
n Geprogrameerde masjien doen net wat hy beveel word.
Dalk net n “toestlopie” gewees.

Sarie van Niekerk ·

Die berig het nou net my besluit om nie vir e-tol te registreer geregverdig. Ek is jammer maar as dit nou al so gaan, hoe de hel kan ons Sanral na dese vertrou? Hoeveel tegniese foute gaan dan nog op mense se rekeninge voorkom. Nee baie dankie maar niks gaan my so ver kry om te registreer nie

JAVR ·

Die enigste “tegniese fout” is hulle is UITGEVANG! Gedink hulle kan daar die nodige fondse verhaal vir hulle hofsake! Daar is seker BAIE wat nie eens agtergekom het hulle word besteel nie!

Willy ·

Haha geen simpatie. Senral, rook daardie e tolskyfierekeninghouers.

Piet ·

Sluit die rekening. Hulle gaan dit aan almal doen en jy sal niks daaromtrent kan doen nie. Al uitweg is sluit die rekening.

bianca ·

Tegniese foute soos die gaan altyd plaasvind en later as daar helse bedrae verhaal word, dan raak dit n storie soos met jou water en ligte….moet eers ondersoek instel en dan sal jy jou geld terugkry. Good luck vir die wat commit het met die e tol!

InaT ·

is die rekeninghouers se bankkoste ook terugbetaal??? Die bankkoste gaan meer wees as die 5c transaksie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.